'n Bylpik is 'n veelsydige stuk handgereedskap en word gebruik om te grawe en te kap, soortgelyk aan 'n pik. Dit het 'n lang steel en 'n stewige kop, wat 'n bylblad en 'n dissel (snybylpik) of 'n pik en 'n dissel (kapbylpik) kombineer.
'n Bylpik het 'n steel, gewoonlik van hout, wat ongeveer 'n meter lank is.[1] Die kop het twee punte, teenoor mekaar, en word geskei deur 'n oog in die middel; die kop van 'n bylpik weeg gewoonlik 1,5-3 kilogram.[1] Die vorm van die kop bepaal die soort bylpik en hoe dit gebruik word:[2]
Die steel van die bylpik pas in die ovaalvormige gat in die kop en word daar bevestig deur die kopkant van die steel teen 'n soliede oppervlak, soos 'n boomstomp, 'n klip of harde grond, te stamp. Die handvatsel kan verwyder word deur middel van 'n soortgelyke beweging, terwyl die kop vasgehou word.[2] In die ooste van die Verenigde State, het bylpikstele dikwels 'n skroef onder die kop en parallel daarmee, om te voorkom dat die kop teen die handvatsel afgly; in die weste van die Verenigde State, waar gereedskap dikwels uitmekaargehaal word om vervoer te word, word dit gewoonlik nie gedoen nie.,[2]
Bylpikke is "die veelsydigste gereedskap om met die hand te plant".[3] Dit kan gebruik word om met die dissel in die grond in te kap en die grond na die gebruiker to te trek, wat 'n voor oopmaak waarin geplant kan word.[3] Dit kan ook gebruik word om gate te grawe om in te plant en is besonder nuttig waar daar 'n dik laag saamgepakte sooie is.[3] Dit kan uitputtend wees om 'n bylpik te gebruik weens die inspanning wat nodig is om die blad in the grond te slaan en omdat daar baie af- en vooroorgebuig word.[3]
Die dissel van 'n bylpik is nuttig om te grawe of te skoffel, veral in harde grond.[1]
Snybylpikke word in landelike Afrika gebruik om boomstompe uit landerye te verwyder, asook ongewenste piesangsuiers.[4]
Bylpikke het 'n lang geskiedenis as 'n eenvoudige maar doeltreffende werktuig. Hulle vorm is reeds teen die Bronstyd in Klein-Asië en Antieke Griekeland vasgestel,[5] en bylpikke was die stuk gereedskap wat die algemeenste in Bisantynse manuskripte van Hesiodos se Werke en dae verskyn.[6]
Bylpikke wat van horing gemaak is, verskyn in die Laat-Mesolitiese tydperk in die Britse Eilande. Hulle is waarskynlik hoofsaaklik gebruik om te grawe en is moontlik verwant aan die opkoms van landbou.[7] Bylpikke wat van walvisbeen gemaak is, is gebruik vir take soos die opsny van walviskarkasse deur die mense van Skotland en die Inuïete.[8]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |