CBS | |
---|---|
Sedert 1951 CBS se amptelike kenteken
| |
Gestig | 18 September 1927 |
Gesluit | Aktief |
Netwerk | CBS Broadcasting |
Eienaar | CBS Corporation |
Beeldformaat | 480i (SDTV 16:9) en 1080i (HDTV 16:9) |
Slagspreuk | America's Most Watched Network Only CBS |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Uitsaaiarea | Verenigde State |
Hoofkantoor | CBS Building, New York Stad |
Vorige naam | United Independent Broadcasters (1927) Columbia Phonographic Broadcasting System (1927–1928) Columbia Broadcasting System, Inc. (1928–1974) CBS, Inc. (1974–1997) |
Webtuiste | www.cbs.com |
CBS (eens 'n afkorting vir Columbia Broadcasting System) is een van die vier vernaamste nasionale radio- en TV-netwerke van die Verenigde State van Amerika. Die ander drie is ABC, Fox en NBC.[1] Die maatskappy se hoofkantoor is die CBS-gebou in New York Stad gesetel, met hul vernaamste ateljees is in New York en Los Angeles. CBS word soms die "Eye Network" (Oog Netwerk) genoem, 'n verwysing na die maatskappy se kenteken wat sedert 1951 in gebruik is.
Die maatskappy is na talle samesmeltings en oornames in 1927 gestig toe Columbia Records en die New Yorkse talentjager Arthur Judson saam 'n radio-maatskappy genaamd The Columbia Phonograph Broadcasting System begin het. In dieselfde jaar het hulle al 47 radiostasies gehad en is die maatskappy se naam na Columbia Broadcasting System, Inc. verander.[2]
CBS konsentreer aanvanklik na die stigting daarvan op sy radio-bedrywighede. Hoewel radio die belangrikste aktiwiteit gedurende die Tweede Wêreldoorlog gebly het, het hulle vanaf 1939 ook by TV-uitsendings betrokke geraak.
Van 1940 tot 1970 het CBS 'n bloeitydperk beleef. In die tyd was hulle die belangrikste televisie- en radio-netwerk in die Verenigde State. Vanaf 1970 is hierdie rol stadig deur ABC oorgeneem. Tog is CBS steeds 'n belangrike netwerk met talle suksesvolle bedrywighede.
In 1974 is die maatskappy se naam van Columbia Broadcasting System na CBS verander.
Die maatskappy word tans deur die media-konglomeraat CBS Corporation besit, wat in Januarie 2006 van Viacom afgeskei het, en oorspronklik deur CBS as 'n afwentelonderneming gestig is.
Programme vir die seisoen van 2015–2016, ter illustrasie:
'n Paar ouer, bekende CBS-produksies, ter illustrasie: