Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Caladium | |
---|---|
![]() | |
Caladium bicolor. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | Caladium Vent. 1858
|
Spesies | |
Sien teks | |
Sinonieme | |
|
Caladium is ’n genus blomplante in die familie Araceae. Daar is meer as 1 000 kultivars van die oorspronklike Suid-Amerikaanse plant Caladium bicolor.[2]
Die genus sluit sewe spesies in wat inheems aan Suid- en Sentraal-Amerika is en ook in Indië, dele van Afrika en op verskeie tropiese eilande voorkom.[3] In kouer gebiede is hulle gewilde huisplante.
Hulle groei in oop dele van ’n woud en op die oewers van riviere, en is rustend in die droë seisoen. Die wilde plante word van 40 tot 90 cm hoog, met blare van 15 tot 45 cm lank en breed.[4][5]
Verskeie spesies word as ornamentele plante gegroei vanweë hul groot, pylpuntvormige blare in wisselende skakerings van wit, pienk en rooi. Die twee vorms wat algemeen gekweek word, is die hart- en lansvormige soorte. Dwergvariëteite word ook gekweek.
Caladiums groei van knolle en kan oorgeplant word deur die bolle te verdeel. In die groeiseisoen hou hulle daarvan om klam maar nie nat te wees nie. Die meeste variëteite verkies gedeeltelike tot volle skadu.
Plantluise kan voorkom. Te veel water, die verkeerde temperatuur en te min lig kan ook die plant skade aandoen.[6]
Alle dele van die plant is giftig. Hulle moenie geëet word nie en kan die vel irriteer.
Baie name is voorgestel vir die verskillende spesies en variëteite in die genus, maar die meeste daarvan is aan ander genera oorgedra of word beskou as sinonieme. Die volgende name word aanvaar:[3][7]