![]()
| ||
Datum | 3-20 April 1951 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 36 in kompetisie 39 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Palme d'Or | Miss Julie Miracle in Milan[1] |
Die 4de Cannes-rolprentfees is van 3-20 April 1951 in Cannes, Frankryk, gehou. Geen kompetisie is die vorige jaar gehou nie om finansiële redes. Die 1951-fees is in April pleks van September gehou om mededinging met die Venesiese Rolprentfees te voorkom.[2]
Nes met die vorige twee feeste het die hele jurie uit Franse bestaan. Die president was die skrywer André Maurois. Die Palme d'Or is toegeken aan twee prente, Miss Julie deur Alf Sjöberg en Miracle in Milan deur Vittorio de Sica.[3]
Die aktrise Michèle Morgan, akteur Jean Marais en rolprentmaker Jean Cocteau is op die fees vereer met die Victoire du cinéma français-prys.[4][5]
Die volgende mense en prente het in 1951 pryse ontvang:[1][6][3]
Rolprente
Kortprente