Cannes-rolprentfees 1995
| ||
Datum | 17-28 Mei 1995 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Carole Bouquet | |
Getal prente | 24 (In Kompetisie) 26 (Un Certain Regard) 10 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The City of Lost Children | |
Afsluitingsfliek | The Quick and the Dead | |
Palme d'Or | Underground |
Die 48ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 17-28 Mei 1995 gehou. Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Jeanne Moreau was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise en model Carole Bouquet het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 60 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Joego-Slawiese rolprent Underground van die regisseur Emir Kusturica het die Palme d'Or gewen.[1] Die fees is geopen met Jean-Pierre Jeunet se The City of Lost Children[2][3] en afgesluit met The Quick and the Dead van Sam Raimi.[4]
Prys | Rolprent | Regisseur | Land |
---|---|---|---|
Palme d'Or | Underground | Emir Kusturica | Joego-Slawië |
Grand Prix | Ulysses' Gaze (To Vlemma tou Odyssea) | Theodoros Angelopoulos | Griekeland |
Caméra d'Or | The White Balloon (Badkonake sefid) | Jafar Panahi | Iran |
Jurieprys | Don't Forget You're Going to Die (N'oublie pas que tu vas mourir) |
Xavier Beauvois | Frankryk |
Kortfilm-Palme d'Or | Gagarin | Alexij Kharitidi | Rusland |
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Mathieu Kassovitz | La Haine | Frankryk |
Beste akteur | Jonathan Pryce | Carrington | Brittanje |
Beste aktrise | Helen Mirren | The Madness of King George | Brittanje |