Die Cape Times is 'n Kaapstadse oggendblad wat op 27 Maart 1876 deur F.Y. St. Leger as die eerste dagblad in die land opgerig is. Dit was die eerste dagblad in Suid-Afrika en die enigste tot en met die verskyning van die Natal Mercantile Advertiser (tans die Daily News) twee jaar later.
Die koerant het jare lank om sirkulasie met Die Burger meegeding, maar die stryd uiteindelik laat in die 20ste eeu verloor. Die sirkulasie was in 1974 byvoorbeeld 77 262 (toe een uit elke 14 Kapenaars dit gekoop het), maar in 2008 net 51 258 (toe net een uit elke 68 Kapenaars dit nog gekoop het). In die derde kwartaal van 2012 het dit 'n nuwe laagtepunt in die naoorlogse tydperk bereik met gemiddelde daaglikse verkope van 34 523[1]
Die koerant het tradisioneel die Verenigde Party en met die party se verdwyning die Progressiewe Federale Party ondersteun, hoewel sy huidige standpunt meer onafhanklik is. Dit word tans uitgegee deur Independent News & Media.