Cartoon Network | |
---|---|
![]() Kenteken van die Cartoon Network sedert 2010
| |
Gestig | 1 Oktober 1992 |
Gesluit | Aktief |
Eienaar | Turner Broadcasting System (Time Warner) |
Beeldformaat | 1080i (HDTV) (afgegradeer tot 480i breedbeeld vir SDTV-toevoer) |
Slagspreuk | Are You CN What We're Sayin'? |
Land | ![]() |
Taal | Engels (Spaans met SAP) |
Uitsaaiarea | ![]() |
Hoofkantoor | Atlanta, Georgia (algemeen) New York Stad, New York (operasioneel) Los Angeles, Kalifornië (Weskus) |
Susterkanale | TNT Adult Swim Boomerang |
Webtuiste | www.cartoonnetwork.de |
DirecTV USA | kanaal 296 (Oos) 297 (Wes; net SD) |
Dish Network | kanaal 176 (Oos) 177 (Wes; net SD) |
C band | kanaal AMC-11 – kanaal 18 (4DTV Digital) AMC-18 – kanaal 20 (H2H 4DTV) |
Cartoon Network (afgekort CN) is 'n satelliet-televisienetwerk wat deur Turner Broadcasting Studios bedryf word en animasieprogramme uitsaai. Cartoon Network word wêreldwyd versprei en is gerig op kinders van alle ouderdomme. Die Amerikaanse kanaal is op 1 Oktober 1992 geloods en het programme soos Bugs Bunny en Rhapsody Rabbit gewys. Later van tyd het Cartoon Network begin om programme soos Dexter's Laboratory, Johnny Bravo, Cow & Chicken, I Am Weasel, The Powerpuff Girls, Ed, Edd 'n Eddy, Courage The Cowardly Dog, The Grim Adventure's Of Billy & Mandy, Foster's Home For Imaginary Friends en vele ander te beeldsend.
Boomerang is die susterkanaal van Cartoon Network en wys slegs ou klassieke animasie-programme. Baie van die programme wat op Boomerang is, is vroeër op Cartoon Network gewys, maar Cartoon Network het te veel programme gehad waarna Turner Broadcasting Studios besluit het om 'n tweede kanaal te met ou klassieke animasieprogramme te loods. Boomerang beeldsend programme soos: