Catharanthus | |
---|---|
Catharanthus roseus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Catharanthus |
Tipespesie | |
Catharanthus roseus (L.) G. Don.
| |
Sinonieme | |
|
Catharanthus is ’n genus blomplante in die familie Apocynaceae. Hulle is algemeen bekend as kanniedoods. Daar is agt bekende spesies, waarvan sewe endemies op Madagaskar is.[2] Een spesie, C. roseus, kom egter wydverspreid oor die wêreld voor.[1][3] Die agtste spesie, C. pusillus, is inheems aan Indië en Sri Lanka.[4] Die naam Catharanthus kom uit Grieks en beteken "suiwer blom".[5]
Hulle is meerjarige kruie met blare wat teenoor of amper teenoor mekaar geleë is. Die plante dra gewoonlik enkelvoudige blomme. Elk het ’n blomkelk met vyf, lang, smal lobbe en ’n kroon met ’n buisvormige keel en vyf lobbe.[5]
Catharanthus roseus word as ’n sierplant in tuine gegroei. Verskeie kultivars is al gekweek vir blomme van baie skakerings van pienk, rooi, pers en wit, of in ligte skakerings met donker kele.[6]