Centaurus-sterrestelselswerm | |
---|---|
’n X-straalfoto van die kern van die Centaurus-swerm, met temperature van tot ’n paar tienmiljoene kelvin. | |
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Sentour |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 12h 48m 51,8s |
Deklinasie | -41° 18′ 21″ |
Afstand (ligjaar) | 170,9 |
Rooiverskuiwing | 0,01140 |
Helderste stelsel | NGC 4696 |
Aantal stelsels | ~100 |
Ander name | |
Abell 3526 | |
Portaal Sterrekunde |
Die Centaurus-sterrestelselswerm of (Abell 3526) is ’n sterrestelselswerm sowat 170,9 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Sentour. Die helderste lid van die swerm is die elliptiese sterrestelsel NGC 4696. Centaurus is saam met die IC4329- en die Hydra-swerm deel van die Hydra-Centaurus-superswerm.
Die swerm bestaan uit twee subgroepe met verskillende snelhede.[1] Cen 30 is die hoofsubgroep en bevat die sterrestelsel NGC 4696. Cen 45 beweeg teen 1 500 km/s relatief tot Cen 30 – daar word geglo dit is besig om met die hoofswerm saam te smelt.