’n Cepheïed is ’n baie helder soort veranderlike ster. Die noue direkte verhouding tussen Cepheïede se helderheid en hul polsperiode[1][2] het hul status bepaal as standaardmeetinstrumente vir afstande in die heelal.[3][4][5]
Cepheïede word onderverdeel in verskeie subklasse volgens hul massa, ouderdom en evolusiegeskiedenis, onder meer in klassieke, Tipe II- en dwerg-Cepheïede.
Die term "Cepheïed" kom van die ster Delta Cephei in die sterrebeeldKefeus (Latyn: Cepheus), die eerste ster van dié soort wat geïdentifiseer is, deur John Goodricke in 1784. Dit is ook een van die Cepheïede waarvan die afstand die akkuraatste bepaal is, deels danksy sy ligging in ’n sterreswerm[6][7] en die beskikbaarheid van presiese Hubble-ruimteteleskoop/Hipparcos-parallakse.[8]
Die aanvaarde verduideliking vir die pulse van ’n Cepheïed word die Eddingtonwaarde genoem,[9] of die κ-meganisme, waar die Griekse letter κ (kappa) die gas se ondeurlatendheid aandui.
Helium is die gas wat beskou word as die aktiefste in die proses. Dubbel geïoniseerde helium (helium waarvan albei elektrone in die atome afwesig is) is meer ondeurlatend as enkel geïoniseerde helium. Hoe meer helium verhit word, hoe meer word dit geïoniseer. By die dofste deel van die Cepheïed se siklus is die geïoniseerde gas in die buitenste lae ondeurlatend en word dit verhit deur die ster se straling. Vanweë die toenemende temperatuur begin dit uitsit. Namate dit uitsit, koel dit af en word dit minder geïoniseer en dus meer deurlatend. Dit laat die straling toe om te ontsnap. Die uitsetting stop dan en die proses word omgekeer vanweë die ster se swaartekragaantrekking. Die proses word dan herhaal.
Die meganika van die pulse as ’n hitte-enjin is in 1917 deur Arthur Stanley Eddington voorgestel[10] (wat uitgebreid oor die dinamika van Cepheïede geskryf het), maar eers in 1953 het S.A. Zhevakin geïoniseerde helium geïdentifiseer[11] as ’n waarskynlike klep vir die enjin.
↑Udalski, A.; Soszynski, I.; Szymanski, M.; Kubiak, M.; Pietrzynski, G.; Wozniak, P.; Zebrun, K. (1999). "The Optical Gravitational Lensing Experiment. Cepheids in the Magellanic Clouds. IV. Catalog of Cepheids from the Large Magellanic Cloud". Acta Astronomica. 49: 223. arXiv:astro-ph/9908317. Bibcode:1999AcA....49..223U.
↑Soszynski, I.; Poleski, R.; Udalski, A.; Szymanski, M. K.; Kubiak, M.; Pietrzynski, G.; Wyrzykowski, L.; Szewczyk, O.; Ulaczyk, K. (2008). "The Optical Gravitational Lensing Experiment. The OGLE-III Catalog of Variable Stars. I. Classical Cepheids in the Large Magellanic Cloud". Acta Astronomica. 58: 163. arXiv:0808.2210. Bibcode:2008AcA....58..163S.
↑Freedman, Wendy L.; Madore, Barry F.; Gibson, Brad K.; Ferrarese, Laura; Kelson, Daniel D.; Sakai, Shoko; Mould, Jeremy R.; Kennicutt jr., Robert C.; Ford, Holland C. (2001). "Final Results from the Hubble Space Telescope Key Project to Measure the Hubble Constant". The Astrophysical Journal. 553: 47–72. arXiv:astro-ph/0012376. Bibcode:2001ApJ...553...47F. doi:10.1086/320638.