Cessna 425 | |
---|---|
Tipe | Ligte passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Cessna |
Nooiensvlug | 12 September, 1978 |
Vervaardig | November 1980–1986 |
Aantal gebou | 236 |
Ontwikkel van | Cessna 421 |
Die Cessna 425, bekend as die Corsair en later die Conquest I, is 'n agtsitplek Amerikaanse ligte vliegtuig met 'n drukkajuit wat aangedryf word deur twee turboskroefmotore. Die vliegtuig is nie meer in produksie nie, maar is gebou deur Cessna Aircraft van Wichita, Kansas vanaf 1980 tot 1986.
Die 425 is bekend gestel as 'n teenvoeter vir die Beechcraft King Air in 1980 en is ontwikkel uit die Cessna 421. Dit word aangedryf deur Pratt & Whitney PT6 motore. In vergelyking met die King Air C90 het die $875,000 aankoop die volgende voordele gebied: die drukkajuit wat 15 tot 20 knope vinniger as die C90 kon vlieg, 250 myl verder kon vlieg met vier passasiers aanboord en verbrand 15 persne minder brandstof. Dit het ook $ 200,000 minder gekos..[1][2][3]
Die 425 was maklik om te vlieg en kenmerkend was die kajuit groter met groter vensters vir goeie uitsig en die sitplekke was gemaklik.[1][2][3]
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)