Knorhane | |
---|---|
C. kumu in Nieu Seeland en C. spinosus in 'n Japanse akwarium | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Scorpaeniformes |
Familie: | Triglidae |
Genus: | Chelidonichthys (Kaup, 1873)[1] |
Tipespesie | |
Trigla hirundo Linnaeus, 1758
| |
Spesies | |
Sinonieme[2][3] | |
|
Chelidonichthys, bekend as knorhane, is 'n genus van besonder kenmerkende bodemlewende visse met groot koppe en oë. Die kop word deur groot benige plate en sterk stekels beskerm. Die onderste (d.w.s. voorste) drie strale van die borsvinne is losstaande, vingeragtige prosesse wat sensoriese organe bevat. Dié word deur die knorhaan gebruik as tasters om klein vissies, skaaldiere en sedimentlewende ongewerweldes uit hul skuilplek te versteur. Knorhane het 'n stewige lyf, 'n groot kop en oë en matig groot skubbe.
Knorhane word op of naby die seebodem in dele van die Indiese en Stille Oseane aangetref. Hulle is volopste in vlak waters, minder as 55 meter diep, waar hulle oor 'n sanderige of modderige seebodem voorkom. Die blouvin-knorhaan (C. kumu) leef byvoorbeeld sowat 16 jaar en word op twee tot drie jaar ouderdom geslagsryp wanneer hulle ongeveer 23 cm lank is (van neuspunt tot stertvurk). Op daardie tydstip verlangsaam hul groeitempo en bereik hulle geleidelik 'n maksimum lengte van ongeveer 42 cm. Wyfies groei vinniger en word groter as mannetjies, maar groei verskil ook na gelang van ligging.
Hul borsvinne word aangewend om voort te kruip, óf as tasters, óf om hul prooi uit die bodemsediment te verskrik om gevreet te word. Knorhane vreet krappe, garnale, klein vissies en wurms.
Daar is tans drie subgenera en tien aanvaarde spesies in die genus:[4][5]