Cherokee | |
---|---|
Portrette van bekende Cherokee-persoonlikhede | |
Totale bevolking: | 316 049[1] |
Belangrike bevolkings in: | Verenigde State (Noord-Carolina en Oklahoma) |
Taal: | Engels, Cherokee |
Geloofsoortuiging: | Protestantse en Rooms-Katolieke Christene, tradisionele gelowe |
Verwante etniese groepe: | Chickasaw, Choctaw, Muscogee (Creek) en die Seminole |
Die Cherokee (ah-ni-yv-wi-ya in Cherokee) is ’n inheemse Amerikaanse stam van die Amerikaanse deelstate Noord-Carolina en Oklahoma.[2] Dit is een van die stamme wat as die vyf beskaafde stamme beskryf is.
President Andrew Jackson voer in 1830 die Indian Removal Act in wat die inheemse stamme oos van die Mississippirivier verplig om na die streke van die huidige deelstaat Oklahoma te trek. Die Cherokee word in 1838 die vyfde groot stam wat gedwing word hulle tuiste te verlaat. Sowat 15 000 van hulle vertrek, 'n klein groep verskuil hulle in die Appalachegebergte. Op hierdie trek sterf vier duisend Cherokees van honger, koue of siektes. Hulle noem hierdie trek die Nunahi-Duna-Dlo-Hilu-I die "pad waar hulle gehuil het".[3] Die meeste Cherokee woon vandag steeds in Oklahoma, maar die oostelike bende wat in die berge gebly het, het later land in die weste van Noord-Carolina gekoop om daar 'n klein reservaat te stig.[4]