Cheshire (uitgespreek /ˈtʃɛʃɚ/) is 'n graafskap in die noorde van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap grens aan Merseyside, Groter Manchester, Derbyshire, Staffordshire, Shropshire en grens aan Flintshire en Wrexham in Wallis. Cheshire het 'n bevolking van 1 028 600 in 2011 gehad en is dus die 19de grootste graafskap in die land.