Chinese Burgeroorlog (Kuomintang-Kommunistiese Burgeroorlog) | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Oorkruis-konflik en Koue Oorlog (vanaf 1947) | |||||||||
Regsom van bo: Kommunistiese soldate tydens die Slag van Siping, Moslem-soldate van die NRA, Mao Zedong in die 1930's, Chiang Kai-shek inspekteer soldate, KPC-generaal Su Yu ondersoek die voorste front net kort voor die Menglianggu-veldtog | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
1927–36; 1946–47
Ondersteun deur: 1947–49
Ondersteun deur: 1949–61
Ondersteun deur: |
1927–36
Fujian Volksregering (1933–34) Ondersteun deur: 1946–49
Ondersteun deur: 1949–61 Ondersteun deur: | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Chiang Kai-shek Harry S. Truman (1950–53) |
Mao Zedong Josef Stalin(tot 1953) | ||||||||
Sterkte | |||||||||
| |||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
ca. 1,5 miljoen (1948–49)[6] | ca. 250 000 (1948–49)[6] | ||||||||
ca. 8 miljoen ongevalle totaal |
Die Chinese Burgeroorlog was ’n oorlog tussen die nasionalistiese regering van die Republiek China onder die Kuomintang (KMT) en die Kommunistiese Party van China (KPC).
Hoewel die vier jaar van die Chinese Kommunistiese Rewolusie van 1945 tot 1949 spesiale aandag kry, het die eintlike oorlog al in Augustus 1927 begin met die Wit Terreur aan die einde van opperbevelhebber Chiang Kai-shek se Noordelike Ekspedisie, en geëindig toe die grootste vyandelikhede tussen die twee kante in 1950 geëindig het.[9]
Die konflik het in twee fases plaasgevind: die eerste tussen 1927 en 1937, en die tweede van 1946 tot 1950. Die twee fases is geskei deur die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 tot 1945. Die burgeroorlog was ’n groot keerpunt in moderne China se geskiedenis, met die kommuniste wat beheer oor die vasteland gekry en die Volksrepubliek China (VRC) in 1949 gestig het, terwyl hulle die Republiek China (RC) gedwing het om na Taiwan terug te val. Dit het gelei tot voortdurende politieke en militêre vyandelikhede tussen die twee kante van die Straat van Taiwan, terwyl albei partye amptelik daarop aanspraak maak dat hy die regmatige regering van die hele China is.
Die oorlog verteenwoordig ’n ideologiese skeiding tussen die kommunistiese KPC en die nasionalistiese KMT. Konflik het voortgeduur tot laat in 1937, toe die twee partye saamgestaan het teen die Japannese bedreiging en om te keer dat die land verbrokkel. ’n Volskaalse burgeroorlog is in 1946 hervat, ’n jaar ná die einde van die vyandelikhede met Japan in September 1945. Vier jaar later is die militêre bedrywighede gestaak. Die nuut gestigte Volksrepubliek China het die vasteland beheer, insluitende die eiland Hainan, en die Republiek China se jurisdiksie was beperk tot Taiwan, Penghu, Kinmen, Matsu en ’n paar ander eilande.
Daar was sedertdien nog geen wapenstilstand of vredesverklaring nie en daar word gedebatteer of die burgeroorlog wettig verby is.[10] Betrekkinge tussen die twee kante word versuur deur militêre dreigemente en politieke en ekonomiese druk, veral oor Taiwan se politieke status, terwyl albei partye net een China erken. Die VRC beskou Taiwan steeds as deel van sy grondgebied en dreig steeds om Taiwan binne te val indien die RC sy onafhanklikheid verklaar deur sy naam te verander en internasionale erkenning te probeer kry as die "Republiek Taiwan". Terselfdertyd maak die RC aanspraak op die vasteland van China en gaan die geveg om diplomatieke erkenning voort. Tog het die twee regerings van China noue ekonomiese bande.[11]
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp), bl. 3