Die Chinese groot modulêre ruimtestasie is 'n beplande ruimtestasie wat in 'n lae aardwentelbaan geplaas moet word. Die beplande Chinese ruimtestasie sal na verwagting 'n massa van tussen 80 en 100 ton hê, ongeveer 'n vyfde van die massa van die Internasionale Ruimtestasie en ongeveer die grootte van die voormalige Russiese Mir-ruimtestasie.
Bedrywighede sal beheer word vanaf die Beijing ruimtebeheer- en kontrolesentrum in die Volksrepubliek China. Die beplande bekendstellingsdatum van die kernmodule, die Tianhe (“Harmonie van die Hemel”), is 2021.[1] In 2017 het die Chinese die Tianzhou-1 ('Hemele houer') vragruimteskip gelanseer, wat gebaseer is op die Tiangong 1 en 2 ruimtelaboratoriums.[2]