Chris Heunis | |
Waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika
| |
Ampstermyn 19 Januarie 1989 – 15 Maart 1989 | |
Minister van Grondwetlike Ontwikkeling
| |
---|---|
Ampstermyn 1982 – 1989 | |
President | F.W. de Klerk |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Gerrit Viljoen |
Ampstermyn 1980 – 1982 | |
Eerste minister | P.W. Botha |
Voorafgegaan deur | Alwyn Schlebusch |
Opgevolg deur | F.W. de Klerk |
Minister van Vervoer
| |
Ampstermyn Februarie 1979 – Junie 1979 | |
Voorafgegaan deur | Lourens Muller |
Opgevolg deur | Hendrik Schoeman |
Minister van die Omgewing
| |
Ampstermyn November 1978 – Junie 1979 | |
Voorafgegaan deur | Schalk van der Merwe |
Opgevolg deur | F.W. de Klerk |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 20 April 1927 Uniondale, Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 27 Januarie 2006 (op 78) Somerset-Wes, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Jan Christiaan 'Chris' Heunis (20 April 1927 – 27 Januarie 2006[1]) was 'n Suid-Afrikaanse regter, politikus, lid van die Nasionale Party en kabinetslid in die regering van John Vorster en P.W. Botha.
Hy is in 1927 in Uniondale[2] in die Kaapprovinsie (tans Wes-Kaap) gebore. Na hy sy skoolloopbaan in George voltooi het, het hy sy studies in regte voortgesit en het in 1951 'n prokureur geword. Op dieselfde tyd het hy 'n politieke loopbaan begin en die hoof van die Nasionale Party in die George-distrik en 'n lid van die munisipale raad geword. In 1959 is hy tot die provinsiale raad verkies.
Heunis is in 1970 tot die Volksraad van Suid-Afrika verkies en het in 1974 minister van Indiërsake en toerisme in die kabinet van John Vorster geword. In 1975 het hy minister van ekonomiese sake geword. In 1979, as lid van P.W. Botha se regering, het hy deelgeneem aan die opstel van 'n nuwe grondwet, en in 1982 het hy minister van grondwetlike hervorming geword. In hierdie rol het hy die Driekamerparlement voorgestel en die stemreg vir Kleurlinge en Indiërs in aparte kamers van die Suid-Afrikaanse Parlement gevorm. Hy het die leier van die Werkersparty, Allan Hendrickse, oortuig om tot hierdie hervorming in te stem.
Gedurende hierdie tyd het hy aan vertroulike informele onderhoude in Port Elizabeth tussen twee NP-verteenwoordigers en twee verteenwoordigers van die ANC deelgeneem. In September 1986 is Heunis eenparig tot leier van die NP in die Kaapprovinsie verkies en het hierdie pos by president P.W. Botha oorgeneem.
In die begin van 1989[3] het hy in die amp as staatspresident vir die interim van 100 dae toe P.W. Botha 'n beroete gehad het, waargeneem. Hy was een van die kandidate vir die leierskap van die Nasionale Party, saam met Pik Botha, Barend du Plessis en F.W. de Klerk, maar is in die tweede ronde van die verkiesings verslaan. Hy vermy 'n nederlaag in die verkiesing van 1987, waarin hy 'n uitdaging van die voormalige NP-LP en diplomaat Denis Worrall in die gesig gestaar het, maar die setel met 39 stemme behou het.
Later, nadat Heunis uit die politieke lewe getree het, en nie aan die verkiesing van 1989 deelgeneem het nie, het hy teruggekeer na sy regspraktyk in Somerset-Wes met sy seun Jakkie Heunis. Hy ontvang 'n eredoktorsgraad in filosofie van die Universiteit Stellenbosch, ere-luitenantkolonel van die polisie, ereburger van George en die Grand Cordon van die orde van die Republiek China. Hy het vier seuns en 'n dogter gehad, en is op 27 Januarie 2006 in Somerset-Wes na 'n lang siekbed oorlede.
Voorafgegaan deur Nuwe amp |
Minister van Grondwetlike Ontwikkeling 1982–1989 |
Opgevolg deur Gerrit Viljoen |
Voorafgegaan deur Alwyn Schlebusch |
Minister van Binnelandse Sake 1980–1982 |
Opgevolg deur F.W. de Klerk |
Voorafgegaan deur Lourens Muller |
Minister van Vervoer 1979–1980 |
Opgevolg deur Hendrik Schoeman |
Voorafgegaan deur Fanie Botha |
Minister van Energie Februarie–Junie 1979 |
Opgevolg deur F.W. de Klerk |
Voorafgegaan deur Schalk van der Merwe |
Minister van die Omgewing November 1978–Junie 1979 |
Opgevolg deur F.W. de Klerk |
Voorafgegaan deur Owen Horwood |
Minister van Ekonomiese Sake 1975–1980 |
Opgevolg deur Dawie de Villiers |
Voorafgegaan deur Owen Horwood |
Minister van Toerisme en Indiërsake 1974–1975 |
Opgevolg deur Marais Steyn |
Presidente van Suid-Afrika | ||
1961–1994 | seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk | |
1994– | Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma | Cyril Ramaphosa |