Christopher Lambert | |
![]() | |
Lambert in 2009 by die Venesiese Filmfees.
| |
Geboortenaam | Christophe Guy Denis Lambert |
---|---|
Geboorte | 29 Maart 1957 New York, VSA |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1978-tans |
Rolprente | Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes (1984) Highlander (1986) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
César-prys | 1986 | Akteur* | Subway |
*As Christophe Lambert |
Christopher Lambert (geb. 29 Maart 1957)[1] is ’n Amerikaans gebore Franse akteur wat in Amerikaanse, Franse en ander Europese produksies speel. Hy is die bekendste vir sy rol as Connor MacLeod in die rolprent Highlander en die opvolgprente daarvan. Hy is ook bekend as Tarzan in Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes en as die god van donder Raiden in die eerste rolprentweergawe van die videospeletjie Mortal Kombat. Sy naam word in internasionale produksies aangegee as Christopher Lambert, maar in Franssprekende lande as Christophe Lambert.
Lambert is in New York gebore as Christophe Guy Denis Lambert.[1] Sy pa was ’n diplomaat in die Verenigde Nasies. Lambert het in Genève, Switserland, grootgeword en op 16 na Parys, Frankryk, getrek.
Nadat hy in verskeie byrolle in Franse rolprente verskyn het, het Lambert internasionaal bekend geword toe die regisseur Hugh Hudson hom die rol van Tarzan gee in die prent Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes (1984). In dieselfde jaar het hy sy eerste hoofrol in ’n Franse prent gespeel – saam met Catherine Deneuve in Paroles et Musique. In 1985 het Lambert die manlike hoofrol gespeel in Luc Besson se Subway, waarvoor hy die volgende jaar ’n César-prys vir beste akteur gewen het.[2] Highlander (1986), waarin hy die rol van Connor MacLeod vertolk, was ’n internasionale sukses en sy bekendste prent. Hy het in al drie opvolgprente verskyn en het ’n kameerol gehad in die loodsepisode van die Highlander-televisiereeks.
The Sicilian, met Michael Cimino as regisseur en Lambert in die rol van Salvatore Giuliano, is in 1987 uitgereik en was minder suksesvol as sy vorige prente. Dit het gemiddelde resensies gekry en net ’n klein wins gemaak. To Kill a Priest, waarin hy ’n karakter speel wat op Jerzy Popiełuszko gebaseer is, het goeie resensies gekry, maar was ’n finansiële mislukking. Lambert het ingestem om in die eerste Highlander-opvolg, Highlander II: The Quickening, te speel. Die prent het nie goed gevaar nie.[3]
In die 1990's het Lambert in aksie-, riller- en wetenskapsfiksieprente soos Knight Moves (1992), Fortress (1993), Gunmen (1994) en Mean Guns (1997) gespeel, asook in die Italiaanse produksie Nirvana (1997). Hy het ook in prente met ’n klein begroting gespeel wat swak gevaar het en van sy prente is direk op video uitgereik.[4][5] Hy was ook in ’n paar Franse prente soos Max et Jérémie (1992) te sien.
In 1995 het hy die god van donder Raiden in ’n rolprentweergawe van die videospeletjie Mortal Kombat gespeel. Hy wou ook in die vervolg speel, maar is verhinder deur sy werk aan die prent Beowulf (1999). In 2001 het hy die rol van die kaptein Vercingetorix in die Frans-Kanadese produksie Druids vertolk. Die prent was ’n finansiële mislukking.[6]
Lambert was ook die vervaardiger van Franse prente soos Patrick Braoudé se Génial, Mes Parents Divorcent (1990) en Neuf Mois (1994).[7]
In 2009 was hy in Claire Denis se White Material; beide die prent en Lambert se toneelspel is deur resensente geprys.[8][9][10]
Lambert was van Oktober 1988[11] tot in 1994 getroud met Diane Lane. Hulle het ’n dogter, Eleanor Jasmine.[1] Hy is op 6 Februarie 1999 met Jaiymse Haft getroud.[1] Sedert 2007 was hy in ’n verhouding met Sophie Marceau, saam met wie hy in die prent Trivial was.[12] Hulle is in 2012 getroud.[13]
Lambert is erg bysiende en kan nie sonder sy bril sien nie. Omdat hy nie kontaklense kan dra nie, speel hy soms toneel terwyl hy feitlik blind is. Hy is verskeie kere beseer terwyl hy sy eie waagtoertjies sonder ’n bril gedoen het.[14] Daar word soms beweer sy bysiendheid maak hom aantrekliker omdat dit ’n sekere sjarme verleen aan die manier waarop hy na mense kyk.[15]
Lambert het ’n mineraalwater-onderneming, ’n voedselverwerkingsfabriek en ’n wynmakery saam met ’n vennoot. Hul wyn, Les Garrigues de Beaumard-Lambert, word hoofsaaklik in Europa verkoop.[16]
Hy is ook die enigste eienaar van Lamb Bear Productions. Die naam is ’n woordspeling op sy van, wat "Lamb-bear" uitgespreek word.
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1979 | Ciao, les mecs | Un loubard à la soirée dansante | As Christophe Lambert |
1980 | The Telephone Bar | Paul "Bébé" Franchi | As Christophe Lambert |
1981 | Douchka | TV-prent | |
Asphalt | Un médecin à l'hôpital / Die dokter | As Christophe Lambert | |
Une sale affaire | Mullard | As Christophe Lambert | |
Putain d'histoire d'amour | Polisie-inspekteur | As Christophe Lambert | |
1982 | Légitime violence | Joggie | As Christophe Lambert |
Cinéma 16 | Marcel | TV (1 episode) | |
1984 | Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes | John Clayton / Tarzan | |
1985 | Paroles et musique | Jeremy | As Christophe Lambert |
Subway | Fred | César-prys vir beste akteur; as Christophe Lambert | |
1986 | Highlander | Connor MacLeod / Russell Nash | |
I Love You | Michel | As Christophe Lambert | |
1987 | The Sicilian | Salvatore Giuliano | |
1988 | Love Dream | Menrou | |
To Kill a Priest | Vader Alek | ||
1990 | Why Me? | Gus Cardinale | |
1991 | Highlander II: The Quickening | Connor MacLeod | |
1992 | Knight Moves | Peter Sanderson | |
1992 | Highlander: The Series | Connor MacLeod | TV (een episode) |
1992 | Max & Jeremie | Jeremie Kolachowsky | As Christophe Lambert |
1992 | Gunmen | Dani Servigo | |
1993 | Fortress | John Henry Brennick | |
1994 | Roadflower | Jack | |
1994 | Highlander III: The Sorcerer | Connor MacLeod / Russell Nash | |
1995 | The Hunted | Paul Racine | |
1995 | Mortal Kombat | Lord Raiden | |
1996 | North Star | Hudson Saanteek | As Christophe Lambert |
1996 | Adrenalin: Fear the Rush | Lemieux | |
1996 | Hercule et Sherlock | Vincent | As Christophe Lambert |
1997 | Nirvana | Jimi Dini | |
1997 | Arlette | Frank Martin | As Christophe Lambert |
1997 | Mean Guns | Lou | |
1999 | Operation Splitsville | Max | |
1999 | Resurrection | John Prudhomme | |
1999 | Beowulf | Beowulf | |
1999 | Gideon | Gideon Oliver Dobbs | |
2000 | Fortress 2: Re-Entry | John Henry Brennick | |
2000 | Highlander: Endgame | Connor MacLeod | |
2001 | Aparté | Kortprent | |
2001 | Vercingétorix | Vercingetorix | As Christophe Lambert |
2001 | The Point Men | Tony Eckhardt | |
2002 | The Piano Player | Alex Laney | |
2003 | Absolon | Speurder Norman Scot | |
2003 | Janis and John | Léon | |
2004 | Á ton image | Thomas | |
2005 | Dalida | Richard Chanfray | TV-minireeks |
2006 | Day of Wrath | Ruy de Mendoza | |
2006 | Southland Tales | Walter Mung | |
2006 | Le Lièvre de Vatanen | Tom Vatanen | As Christophe Lambert |
2007 | Metamorphosis | Constantine Thurzo | |
2007 | Trivial | Jacques | As Christophe Lambert |
2008 | The Chauffeur | Devereaux | |
2008 | Cartagena | Cine Nomine | Thelma Films, Arte France Cinéma |
2009 | White Material | Andre Vial | As Christophe Lambert |
2009 | Les Associés | Philippe Kaminski | TV-prent; ss Christophe Lambert |
2009 | Homme De Chevet | Leo | As Christophe Lambert |
2010 | The Secret of the Whales | Chris Cassell | TV-prent |
2012 | Ghost Rider: Spirit of Vengeance | Methodius | |
2012 | Dark Star Hollow | ||
2012 | Blood Shot | Die president | |
2012 | The Foreigner[17] | Vincent | |
2012–2013 | NCIS: LA | Chameleon / DeGramont | TV-reeks (5 episodes) 3.15: Crimeleon 3.23: Sans Voir (Part I) 3.24: Sans Voir (Part II) 4.01: Endgame 4.24: Descent |