PT Citilink Indonesia,[2] bedryf as Citilink, is 'n laekostelugredery met sy hoofkwartier in Djakarta, Indonesië. Dit is in Julie 2001 gestig as 'n laekostehandelsmerk van Garuda Indonesia en bedryf pendeldienste tussen Indonesiese stede. Sedert 30 Julie 2012 opereer Citilink amptelik as 'n aparte filiaal van Garuda Indonesia, met sy eie roepsein, lugdienskodes, logo en uniform.[3] Sy hoofbasis is Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe en Juanda Internasionale Lughawe.[4] Die maatskappy se slagspreuk is Better Fly, Citilink.