Die Citroën DS3 WRC op uitstalling by die Geneefse Motorskou in 2013 | |
Oorsig | |
---|---|
Kategorie | Wêreldtydrenmotor |
Vervaardiger | Citroën Racing |
Voorganger | Citroën C4 WRC |
Tegniese spesifikasies[1] | |
Onderstel | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok |
Suspensie (voor) | MacPhersonstutte |
Suspensie (agter) | MacPhersonstutte |
Lengte | 3948 mm |
Breedte | 1820 mm |
Spoorbreedte | 1618 mm |
Asafstand | 2461 mm |
Enjin | Doelgeboude Citroën 1598 cc dwarsgemonteerde Inlynviersilinder, 16-klepper turbo |
Transmissie | Sadev 6-gang sekwensiële handratkas met voor en agter meganiese selfsluit-ewenaars |
Massa | 1200 kg |
Brandstof | Total |
Bande | Michelin |
Kompetisiegeskiedenis | |
Span | Citroën Total Wêreldtydrenspan Citroën Juniorspan |
Renjaers | Kris Meeke Mads Østberg Khalid Al Qassimi |
Debuut | 2011 Sweedse Tydren |
Die Citroën DS3 WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Citroën-wêreldtydrenspan ontwikkel en gebou is deur Citroën Racing vir gebruik sedert die 2011 Wêreldtydrenkampioenskapseisoen. Dit is gebaseer op die Citroën DS3 padmotor, en vervang die hoogs suksesvolle Citroën C4 WRC. Dit is gebou volgens die nuwe wêreldtydrenmotorregulasies vir 2011, wat gebaseer is op die bestaande Super regulasies 2000, maar word aangedryf deur 'n turbo-aangejaagde 1,6 liter-enjin eerder as die normaal geaspireerde 2 liter-enjin wat in Super 2000-motors diens doen.
Ontwikkelingswerk aan die motor is in 2010 deur Citroënbestuurders Sébastien Loeb, Dani Sordo, Sébastien Ogier en toetsbestuurders Philippe Bugalski [2] en Stéphane Sarrazin.[3] uitgevoer.
Die enjin is spesiaal ontwikkel vir die motor (ouer regulasies vereis dat die enjin gebaseer word op 'n enjinblok en silinderkop van 'n bestaande massavervaardigde motor se enjin). Dit ontwikkel amptelik 300 bhp (223.7 kW) teen 6000 opm en 350 N·m (35.7 kgf·m) teen 3250 opm.