Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Congo (1954- 1964) was 'n sjimpansee wat geleer het om te kan verf op papier en skilderdoek, onder beskerming van die dierkundige, etoloog, en surrealistiese skilder Desmond Morris. Hy het die meeste van sy werk gelewer in die laat 1950's. Sy styl is beskryf as abstrakte impressionisme.
Drie van Congo se skilderye is by 'n veiling te Bonhams ingesluit tesame met werke deur Renoir en Andy Warhol - Congo se werk het verkoop teen 'n hoër as verwagte prys, terwyl die werk van Renior en Warhol geen aanbiedinge gekry het nie. Die Amerikaanse versamelaar Howard Hong het al drie stukke van Congo se werk gekoop teen $26,352 (VS dollar)(prys soos in 2005).
In sy leeftyd het Congo ongeveer 400 sketse en skilderye geskep, meestal tussen die ouderdom twee tot vier jaar. Hy sterf in 1964 as gevolg van die komplikasies van tering.
Sy kunswerk het reaksies ontlok wat gewissel het tussen minagting tot skeptisisme onder die destydse resensente. Ten minste een ander kunstenaar het skynbaar onder sy ondersteuners getel: Pablo Picasso het na bewering 'n Congo-skildery op sy ateljeemuur gehad nadat hy dit as geskenk ontvang het. [1][2][3]
Onder meer vertaal vanaf Congo (chimpanzee).