Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Conservapedia | |
---|---|
Tipe webblad | aanlynensiklopedie, Wiki |
Taal(e) | Engels |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Andrew Schlafly |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 2006 |
Huidige status | Aktief |
URL | www.conservapedia.com |
Conservapedia is 'n Engelstalige inligtingsprojek wat op die idee van 'n aanlynensiklopedie soos Wikipedia geskoei is en hoofsaaklik inligting vanuit 'n Amerikaans-nasionalistiese, Christelik-konserwatiewe en jong-aarde-kreasionistiese perspektief bevat. Dit is in 2006 deur regsgeleerde en sosiaalwetenskaponderwyser Andy Schlafly, seun van konserwatiewe aktivis en stigter van Eagle-forum, Phyllis Schlafly, gestig.[1][2] Hy voer aan dat hy gemotiveerd was om die projek te begin deurdat die vrye aanlynensiklopedie Wikipedia volgens hom liberaal, anti-Christelik en anti-Amerikaans was.[3]
Daar bestaan menige redaksionele verskille tussen Conservapedia en Wikipedia. Schlafly het geglo dat sommige van Wikipedia se beleide tot subjektiwiteit in die ensiklopediese inhoud gelei het. Volgens Conservapedia se beleid kan byvoorbeeld slegs gebruikers wat met 'n rekening wat in hul werklike naam geregistreer is, wysigings aanbring, alhoewel hierdie beleid nie altyd moontlik is om toe te pas nie.[4] 'n Stel beleide, getiteld die Conservapedia Commandments (Afrikaans: Conservapedia-gebooie), bepaal redaksionele prosedures op die webwerf.[5] Artikels en ander inhoud op die webwerf sluit gewoonlik kritiek van Wikipedia en sy, volgens Conservapedia, liberale ideologie in.[6][7]
Conservapedia is een van verskeie konserwatiewe en Christelik-getematiseerde webwerwe wat die uitleg van hoofstroomwebwerwe na-aap om verregse of fundamentalistiese Christelike alternatiewe te bied.[1][8] Die webwerf is al gekritiseer, beide van binne en buite die Verenigde State van Amerika, vir subjektiwiteit en onakkuraatheid.[9][10][11]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Conservapedia. |