Corné Mulder | |
![]() Dr. C.P. Mulder in 2023 | |
Leier van die Vryheidsfront Plus
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Februarie 2025 | |
Voorafgegaan deur | Pieter Groenewald |
---|---|
Voorsitter van die Vryheidsfront Plus se Grondwetlike Komitee
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 29 Maart 1988 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 28 September 1958 Randfontein, Suid-Afrika |
Politieke party | Konserwatiewe Party (1982 - 1994) Vryheidsfront Plus (1994 - nou) |
Eggenoot/-note | Alma Visser |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Potchefstroomse Universiteit vir CHO |
Religie | Gereformeerd |
Dr. Corné (C.P.) Mulder (gebore 28 September 1958)[1] is die leier van die Vryheidsfront Plus, asook voorsitter van hul Grondwetlike Komitee. Hy behaal sy B.Iuris graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys in 1980, met Politieke Wetenskap en Internasionale politiek as gekose hoofvakke.
Hy voltooi 'n LLB graad in 1982 met onderskeidings in verskeie vakke.
Daarna het hy navorsing by die Instituut vir Gevorderde Regsstudies van die Universiteit van Londen en die Max-Planck-Instituut für ausländisches öffentliches Recht und Völkerrecht, te Heidelberg, Duitsland gedoen. Hierdie navorsingsperiode was ondersteunend tot die voltooiing van 'n Doktorsgraad in Staatsreg (LLD) wat hy op die ouderdom van 26 in 1984 behaal het.
Nadat hy in 1987 as prokureur van die Hooggeregshof toegelaat is, is hy op 29 Maart 1988 op 29 jarige leeftyd in 'n tussenverkiesing vir die eerste keer as Parlementslid verkies. Hy het die kiesafdeling Randfontein verteenwoordig.
Hy was in Maart 1994 direk betrokke by die stigting van die Vryheidsfront, en word sedertdien in al die Suid-Afrikaanse algemene verkiesings herkies as Parlementslid. Hy is 'n lid van die Portefeuljekomitee vir Binnelandse Sake sowel as die Komitee vir Internasionale Betrekkinge (Buitelandse Sake). Hy is in 1999 aangewys as Hoofsweep van die Vryheidsfront.
Hy verteenwoordig die groepering van 9 kleiner politieke partye in die Parlement op die POA (Parliamentary Oversight Authority) wat die Parlement se hoogste beleidmakende liggaam is. Hy was betrokke by die skryf van die nuwe Grondwet as lid van die Grondwetlike Komitee van die Grondwetlike Vergadering. Hy het na 'n onderhandelingsooreenkoms met die ANC bereik is artikel 185 en artikel 235 van die grondwet wat met selfbeskikking en die regte van groepe handel voorgestel in die grondwetskrywende vergadering wat netso in die grondwet opgeneem is. Hy is deur opposisielede van die parlement aangewys as een van vier verteenwoordigers op die Geregtelike Dienstekommissie. Dit is die kommissie wat regters vir Suid-Afrikaanse howe keur en vir aanstelling voorlê.
Dr. Mulder het uitgebreide buitelandse reise onderneem vir navorsings- en studiedoeleindes, en het 'n belangrike rol gespeel om die VF in lyn met moderne staatkundige ontwikkelings rakende selfbeskikking en minderheidsregte in die wêreld te plaas.
Mulder is getroud met Alma Visser en hulle het twee seuns en twee dogters.