Creodonta | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Creodonta
|
Creodonta is 'n uitgestorwe orde van vleisetende plasentale soogdiere.
Die taksonomie is onseker en die orde is dalk polifileties. 'n Onlangse (2015) ontleding van 177 soogdierspesies[1] plaas hulle nogtans binne die Laurasiatheria in 'n sustergroep van die Carnivora by die Pholidota (Ietermagog)
Die orde bevat nou twee net families:
In die verlede is talle ander groepe ook by hierdie orde ingedeel.
Creodonte lyk soos kat- en hondagtiges maar hulle tande is verskillend. Lede van die Carnivora het 'n paar van hulle kiestande wat skeurtande geword het. By Creodonta het alle kiestande skeurtande geword. [1] Daar is ander verskille in hulle skelet. Hulle is een van die vroegste groepe plasentale soogdiere wat karnivoor geword het en het tot in die Mioseen met die Carnivora gewedywer.[2]