Daily Maverick is 'n Engelstalige Suid-Afrikaanseaanlyn-dagkoerant wat in 2009 gestig is. Die redakteur is Branko Brkic en die uitgewer Styli Charalambous. Dit word deur 'n onafhanklike privaatmaatskappy bestuur.[1][2][3]
Luidens die Daily Maverick webwerf is die publikasie "'n unieke samestelling van nuus, inligting, analise en opinie, gelewer vanuit ons redaksiekantoor in Johannesburg, Suid-Afrika.[1]
Charalambous beweer dat die webwerf ook 'n platform vir fotojoernalisme beskikbaar stel, om lesers visuele insig te gee in wat aan die gebeur is in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld.[4]
Bydraers sluit vryemark rubriekskrywer Ivo Vegter, konstitusionele regskenner Pierre de Vos, stigtende sekretaris-generaal van COSATU Jay Naidoo, aktivis Sisonke Msimang, en fotojoernalis Greg Marinovich in.[2]
Die Daily Maverick webwerf is teen laat Oktober 2009 openbaar gemaak. Die naam en waardes word afgelei van dié van Maverick (Engels vir alleenloper of dissident), 'n eertydse besigheidstydskrif wat deur Brkic vanaf 2005 tot 2008 gepubliseer is. Dit is beïnvloed deur die Amerikaanse nuus-webwerwe The Daily Beast en The Huffington Post. Brkic is in Joego-Slawië gebore en het in 1991 na Suid-Afrika verhuis.[1][6][7][8]
Die tegnologie-entrepreneur Alan Knott-Craig jr. was Daily Maverick se eerste belegger. Hy het ook Brkic aan Charalambous voorgestel.[9][10][11][12] In sy boek Mobinomics, skryf hy:[13][14]
'n Vorige adjunkredakteur, Phillip de Wet, wat sedert sy ontstaan by die Daily Maverick betrokke was, en ook adjunkredakteur van die Maverick tydskrif van 2005 tot 2008 was, het die span teen laat 2011 verlaat.[18][19] Mederedaktrise Ranjeni Munusamy het in 2012 vir die publikasie begin skryf.[20]
Sedert die stigting in 2009 het die publikasie daarop gefokus om oorspronklike inhoud van hoë kwaliteit beskikbaar te stel. Inhoud is gratis beskikbaar vir internetgebruikers, sonder enige betaalsperrings (Engels: paywall) en word deur advertensies befonds. Sy aanlynbemarkingsmodel berus op netjiese en nie-steurende advertensies in die vorm van 'n enkele groot vaandeladvertensie per blad, wat onafhanklik van redaksionele inhoud verskyn.[21][15][22]
Teen September 2012 het die Daily Maverick-span 20 voltydse joernaliste en redaksiepersoneel ingesluit, sowel as 'n uitgebreide netwerk van opinieskrywers.[15][16]
↑"Guardian Africa network" (in Engels). Guardian News and Media Limited. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 24 September 2013.
↑McLeod, Duncan (8 September 2009). "With less hubris, a maverick publisher is back for another go" (in Engels). TechCentral. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 28 Maart 2013. Influenced by the Daily Beast and the Huffington Post, two popular American news websites, Brkic wants the Daily Maverick to be people's one-stop online read. And he wants them to love reading it.
↑de Waal, Mandy (28 Januarie 2013). "ANALYSIS: Mamphela Ramphele to the rescue?". Daily Maverick (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2018. Besoek op 25 September 2013. Daily Maverick's own associate editor, Ranjeni Munusamy, has spoken to DA 'deep throats' who say it is only a matter of time before Ramphele joins the opposition.