Daniil Medvedev in 2019 | ||
Volle naam | Daniil Sergeyevich Medvedev Даниил Сергеевич Медведев | |
---|---|---|
Land | Rusland | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 11 Februarie 1996[1] | |
Geboorteplek | Moskou, Rusland[1] | |
Lengte | 1,98 m[1] | |
Gewig | 83 kg[1] | |
Afrigter | Gilles Cervara[1] | |
Begin professioneel | 2014[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandige handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $42 605 819 (soos op 9 September 2024)[1] (7de van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 372–150 (71,3%)[1] | |
Loopbaantitels | 20[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (28 Februarie 2022)[1] | |
Huidige rang | No. 5 (9 September 2024)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | E (2021, 2022, 2024) | |
Junior | 3R (2014) | |
Franse Ope | KE (2021) | |
Junior | 3R (2014) | |
Wimbledon | HE (2023, 2024) | |
VSA-Ope | W (2021) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (2020) | |
Olimpiese Spele | KE (2020) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 18–27 (40,0%)[1] | |
Loopbaantitels | 0[1] | |
Hoogste rang | No. 170 (19 Augustus 2019)[1] | |
Huidige rang | No. 337 (9 September 2024)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2017) | |
VSA-Ope | 2R (2017) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | 1R (2020, 2024) | |
Laaste opgedateer op: 9 September 2024. |
Daniil Sergeyevich Medvedev (Russies: Дании́л Серге́евич Медве́дев; Afrikaanse transliterasie: Danijil Sergejewitsj Medwjedef; gebore 11 Februarie 1996) is 'n Russiese professionele tennisspeler. Hy is tans no. 5 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP.[1] In die eindrondte van die Amerikaanse Ope van 2021 het Medvedev die belangrikste wedstryd in die geskiedenis van moderne tennis gewen deur die no. 1-speler, Novak Djokovic, te klop en te voorkom dat hy slegs die derde man word wat 'n kalender-Grand Slam wen.[3]
Met sy wenslag in die eindstryd van die ATP-jaareindtoernooi van 2020 het Medvedev die eerste en enigste speler geword wat die wêreld se drie topspelers geklop het op pad na die jaareind-kampioenetitel. Medvedev was ook die naaswenner in die Amerikaanse Ope van 2019 en 2023, asook die Australiese Opes van 2021, 2022 en 2024.
Medvedev het in 2015 in 'n dubbelspel in die Kremlinbekertoernooi gespeel en sy eerste enkelspeltitel in 2016 in Rosmalen gewen. In 2017 het hy vir die eerste keer aan 'n major deelgeneem: die Wimbledonkampioenskap, waar hy Stanislas Wawrinka, toe die wêreld se no. 3-speler, verslaan het. In 2018 het Medvedev sy eerste ATP-titels gewen in Sydney en Winston-Salem, asook sy eerste ATP 500-titel in Tokio. Hy het in 2019 'n ATP-deurbraak behaal deur sy top-10-debuut ná Wimbledon te maak en ses agtereenvolgende toereindstryde te wen, onder meer die Amerikaanse Ope.
Medvedev is bekend vir sy kragtige afslane en aggressiewe agterlynspel.[4]
Die tabel toon Medvedev se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
2016 | Nie ingeskryf nie | Nie ingeskryf nie | K3 | K1 |
2017 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 1 |
2018 | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 3 | Rondte 3 |
2019 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 3 | Eindstryd |
2020 | Rondte 4 | Rondte 1 | Toernooi nie gehou nie | Halfeindstryd |
2021 | Eindstryd | Kwarteindstryd | Rondte 4 | Wenner |
2022 | Eindstryd | Rondte 4 | Nie deelgeneem nie | Rondte 4 |
2023 | Rondte 3 | Rondte 1 | Halfeindstryd | Eindstryd |
2024 | Eindstryd | Rondte 4 | Halfeindstryd | Kwarteindstryd |