Die wrywingsdrukval in 'n pyp word gegee deur die Darcy-Weisbach-vergelyking tesame met die Colebrookvergelyking wat 'n funksie is van die Reynoldsgetal om f' te bepaal.
|
Waar:
– Wrywingsdrukval [kPa]
– Darcy/Moody wrywingsfaktor [dimensieloos] Hierdie waarde kan òf bepaal word deur die Colebrookvergelyking òf die Moodygrafiek.
– (Ekwivalente) lengte van pyp [m]. Vir 'n pyp sonder elmboë en kleppe is dit bloot die lengte gedeel deur die diameter. Elmboë en kleppe se weerstand word bepaal deur 'n L/D-waarde. Al hierdie waardes word bymekaar getel om die totale L/D-waarde te kry.
– Digtheid van vloeier [kg/m3]
– Vloeisnelheid [m/s]
Die snelheid in 'n lyn kan soos volg in terme van die volume- en massavloeitempo geskryf word:

Waar:
– Binnedeursnitarea van die pyp [m2]
– Pyp binnediameter [mm]
– Volumevloeitempo [m3/h]
– Massavloeitempo [kg/h]
– digtheid van die vloeier [kg/m3]
Indien hierdie in die boonste formule vervang word, word die volgende verkry:

Dus, ter opsomming:

Bepaling van ekwivalente pyplengte (
)
[wysig | wysig bron]
Die drukval oor pyptoebehore soos kleppe, elmboë, T-stukke, vernouers, lynsiwwe, pypingange en pypuitgange word gewoonlik saam met die wrywingsdrukval bereken en word by die totale pyplengte getel as 'n ekwivalente pyplengte (L/D). Bv, 'n sluisklep wat voloop is se ekwivalente pyplengte is L/D = 13. Dus, indien die totale pyplengte van 'n pypsisteem 10 m is en dit bevat 'n sluisklep wat voloop is in 'n pyp met 'n binnediameter van 200 mm (0.2 m), dan is die totale ekwivalente pyplengte Le = 10 + 13 × 0.2 = 10 + 2.6 = 12.6 m.
Soms word die weerstand gegee in terme van Kr. Die ekwivalente lengte word dan soos volg bereken:

Dus is die totale ekwivalente lengte:

Hierdie waarde word nou gebruik in die vergelyking om die totale wrywingsdrukval te bepaal:

Alternatiewelik is:

- waar

L/D waardes vir passtukke
Toerusting
|
L/D waarde
|
90° elmboog
|
30
|
45° elmboog
|
16
|
Sagte T
|
20
|
Harde T
|
60
|
Voloop sluisklep
|
13
|
Kyk ookː
Die bekende Norman Lieberman het die volgende vereenvoudigde formule afgelei om die drukval deur 'n pyp te bepaal:[1]

Waar:
= Drukval in pvd (pond per vierkante duim) per 100 voet pyp.
= Pyp binnediameter in duim.
= Digtheid van vloeier in lb/vt3.
= Snelheid in pyplyn in vt/s (voet per sekonde).
= Empiries bereken.
= Digtheid van water [lb/vt3]. Dus is die middelste "term", ρ/62 die SG.
= Drukomskakeling van duim water na pvd.
Standaardeenhede
Die formule hierbo kan ook soos volg geskryf word:

Waar:
= Drukval in pyp in pvd
= Lengte van pyp in voet
Die konstante se eenhede is dus:

Skakel nou die konstante om na standaard eenhede:

Dus is die formule hierbo in standaard eenhede soos volg:
|
Waar:
= Drukval in pyp in kPa
= Lengte van pyp in m
= Digtheid van die vloeier in kg/m3
= Binnediameter van die pyp in m
of

Waar:
= Drukval in pyp per 100 meter pyp in kPa.
= Binnediameter van die pyp in mm.
- ↑ Verkry uit kursusnotas wat Normal Lieberman aangebied het in 2014