Dassault Falcon 8X | |
---|---|
Tipe | Besigheidstraler |
Vervaardiger | Dassault Aviation |
Ontwerp deur | Dassault Aviation |
Nooiensvlug | beplan vir 2015 |
Vrygestel | beplan vir 2016 |
Die Dassault Falcon 8X is 'n grootkajuit, langreikafstand, besigheidstraler vervaardig deur Dassault Aviation. Dit is afgelei van die Dassault Falcon 7X, met groter reikafstand wat deur enjinverfyning, aerodinamiese afronding en 'n toename in brandstofkapasiteit bereik is.[1]
Die 8X se kajuit is ongeveer 3,2 m langer as sy voorganger, die 7X. Dit het 'n enjinopgradering ontvang wat dit moontlik maak om op te styg vanaf korter aanloopbane, asook 'n verbeterde brandstofverbruik van 35% teenoor sy mededingers.[2]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |