David Henry Gorski is 'n Amerikaanse chirurgieseonkoloog, professor in chirurgie aan die Wayne State University School of Medicine,[1] en 'n chirurgiese onkoloog aan die Barbara Ann Karmanos-kankerinstituut, wat in borskankerchirurgie spesialiseer.[2] Hy is 'n uitgesproke skeptikus en kritikus van alternatiewe medisyne en die anti-inentingsbeweging. Hy is die skrywer van die blog, Respectful Insolence, en die besturende redakteur van die webwerf Science-Based Medicine.[3][4][5]
Gorski het aan die Universiteit van Michigan studeer, waar hy in 1988 sy doktersgraad ontvang het. In 1989 het hy 'n residensie in algemene chirurgie aan die University Hospitals Cleveland Medical Center betree. Gorski het die residensie verlaat vir 'n PhD in sellulêre fisiologie aan die Case Western Reserve-universiteit, wat hy in 1994 voltooi het, met 'n proefskrif getiteld "Homeoboksgeenuitdrukking en regulering in vaskulêre miosiete" (Engels:"Homeobox Gene Expression and Regulation in Vascular Myocytes").[6] Daarna het hy sy residensie hervat (1993-96) en 'n onkologienavorsingsgenootskap (1996–99) aan die Universiteit van Chicago voltooi.[7]
Gorski was voorheen assistent-professor in chirurgie aan die Rutgers Cancer Institute van New Jersey en die Rutgers Robert Wood Johnson Medical School, in New Brunswick, NJ. Hy was ook lid van die nagraadse program in sel- en ontwikkelingsbiologie aan die Rutgers-univertiteit in Piscataway, NJ.[8]
Hy word mediese direkteur van die Alexander J. Walt Comprehensive Breast Center by die Barbara Ann Karmanos-kankerinstituut in 2010 en word in 2013 aangestel as mede-direkteur van die Borsonkologie-kwaliteitsinisiatief van Michigan.[9][10]
Gorski is 'n professor in chirurgie en onkologie aan die Wayne State University School of Medicine, wie se laboratorium navorsing doen oor transkripsionele regulering van vaskulêre endoteelselle fenotipe, sowel as die rol van metabotropiese glutamaatreseptore in borskanker.[11] Hy is die kankerskakeldokter vir die Komitee vir Kanker van die Amerikaanse kollege vir chirurge,[12] die stigter van die Instituut vir Wetenskap in Geneeskunde[13] en lid van die Amerikaanse Vereniging vir Kliniese Onkologie.[14]
In 2007 ontvang hy die toekenning vir gevorderde kliniese navorsing in borskanker van die Amerikaanse Vereniging vir Kliniese Onkologie.[15] Hy is in 2008, 2009 en 2010 navorsingstoekennings deur die Borskankernavorsingstigting toegeken.[14]
Gorski se navorsing is gebruik in terapeutiese antikanker-navorsing om die terapeutiese effekte van ioniserende bestraling te verbeter[16] en om die potensiaal van kombinasieterapieë te bepaal om die dosisse in toksiese konvensionele behandelings te verlaag,[17] terwyl tumorregering gehandhaaf word.[18]
Gorski se werk met Helena Mauceri en ander, gepubliseer in die faktydskrif Nature,[19] het gelei tot die ondersoek na die selektiewe vernietiging van kankergewasselle "sonder groot sistemiese newe-effekte."[20]
Sy artikel met Yun Chen het die gebruik van mikroRNS om die groei van nuwe bloedvate te reguleer ondersoek[21] en het gelei tot navorsing oor die gebruik van mikroRNS om die ontwikkeling van bloedvate te reguleer en sodoende die groei van kankergewasse te beperk.[22]
Gorski is skepties oor alternatiewe medisyne. In 2004 begin Gorski, onder die pseudoniem Orac, 'n blog met die titel "Respectful Insolence" by Blogspot, en dit word twee jaar later na die ScienceBlogs-webwerf verskuif.[23][24] In 2008 gebruik Gorski sy regte naam toe hy 'n webjpernaal by Science-Based Medicine begin skryf (hy gebruik Orac steeds vir "Respectful Insolence").[25][26][27] Hy is tans hul besturende redakteur en skryf artikels oor medisyne en pseudowetenskap, insluitend die anti-inentingsbeweging, alternatiewe terapieë en kankernavorsing en -behandeling.[28] Gorski vertel hoe lede van die anti-entstof blog Age of Autism in 2010 aan die raad van direkteure van die Wayne State University geskryf het en gevra het dat hy verhoed word om sy webjoernaal te skryf.[29]
Gorski het bygedra tot die reeks e-boeke van die James Randi Education Foundation getitld "Science Based Medicine Guides".[30] Hy is ook 'n genoot van die Committee for Skeptical Enquiry,[31] en het deelgeneem aan talle paneelbesprekings oor alternatiewe medisyne.[32] Hy het aandag gevestig op 'n artikel van John P. A. Ioannidis, Grieks-Amerikaanse dokter-wetenskaplike, skrywer en professor aan die Stanford Universiteit, oor probleme met gepubliseerde navorsing.[33] en het kommentaar gelewer op die toenemende infiltrasie van pseudowetenskap in die mediese veld met die gebruik van alternatiewe terapieë,[34]akupunktuur,[35]alternatiewe medisyne vir ontgifting,[36] en dieetbehandeling van outisme.[37]
Hy pleit vir openheid van die resultate van kliniese toetse en die gebruik van slegs bewysgebaseerde medisyne om siektes te behandel[38] het die Nasionale Gesondheidsinstitute en die Nasionale Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Geneeskunde gekritiseer vir die befondsing en publikasie van navorsing oor onbewese terapieë wat nie deur wetenskaplike bewyse ondersteun word nie,[39] en het kommentaar gelewer op mediese etiek en metodes van alternatiewe medisyne.[40]
Gorski kritiseer die popularisering van pseudowetenskap deur die media en bekendes soos Oprah Winfrey,[41]Bill Maher,[42] Amerikaanse konserwatiewe mediakenner, skrywer en prokureur Ann Coulter,[43] en The Huffington Post.[44] In 2014 publiseer Gorski en mede-skeptikus Steven Novella 'n artikel waarin die studie van integrerende medisyne veroordeel word en as skadelik vir die wetenskap beskryf word.[45]
In Januarie 2020 ontleed Gorski 'n hersiening van sistematiese resensies in 2020 ("Acupuncture for the Relief of Chronic Pain: A Synthesis of Systematic Reviews") oor die gebruik van akupunktuur vir die behandeling van chroniese pyn. Gorski het in die webjoernaal Science-Based Medicine geskryf dat die bevindings daarvan die gevolgtrekking beklemtoon dat akupunktuur "'n teaterplasebo is waarvan die werklike geskiedenis onherkenbaar verander is". Hy het ook gesê dat hierdie resensie "die vele swakhede in die ontwerp van akupunktuurkliniese toetse onthul".[46]
Speyer, Cecilia L.; Nassar, Mahdy A.; Hachem, Ali H.; Bukhsh, Miriam A.; Jafry, Waris S.; Khansa, Rafa M.; Gorski, David H. (4 Mei 2016). "Riluzole mediates anti-tumor properties in breast cancer cells independent of metabotropic glutamate receptor-1". Breast Cancer Research and Treatment (in Engels). 157 (2): 217–228. doi:10.1007/s10549-016-3816-x. PMID27146584. S2CID23986691.
Welch HG, Gorski DH, Albertsen PC (2015). "Trends in Metastatic Breast and Prostate Cancer—Lessons in Cancer Dynamics". N Engl J Med (in Engels). 373 (18): 1685–1687. doi:10.1056/NEJMp1510443. PMID26510017.
Gorski D. H. (2014). "Integrative oncology: really the best of both worlds?". Nat Rev Cancer (in Engels). 14 (10): 692–700. doi:10.1038/nrc3822. PMID25230880. S2CID33539406.
Kaufman, Allison; Kaufman, James C., reds. (2018). Pseudoscience : the conspiracy against science (in Engels). Cambridge, Massachusetts: The MIT Press. ISBN978-0-262-03742-6. OCLC989726695.[47]
↑"David Gorski" (in Engels). Wayne State University - School of Medicine - Cancer Biology Program. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑"David Gorski M.D., Ph.D."Physician Details (in Engels). Barbara Ann Karmanos Cancer Institute, Wayne State University. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑Gorski, D. (1994). Homeobox gene expression and regulation in vascular myocytes (in Engels). Case Western Reserve University. OCLC31923610.
↑"David Gorski, M.D."Faculty (in Engels). Department of Surgery / Detroit Medical Center, Wayne State University. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2013. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑"Breast Cancer Program" (in Engels). Barbara Ann Kamanos Cancer Institute, Wayne State University. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑"David H. Gorski". Cancer Biology Graduate Program (in Engels). Wayne State University School of Medicine. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2012. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑"David H. Gorski, MD, PhD". ISM Fellows (in Engels). Institute for Science in Medicine. 2011. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑ 14,014,1"2007 - 2008 Grantees"(PDF). Pink Press (in Engels). The Breast Cancer Research Foundation. 2008. p. 8. Geargiveer vanaf die oorspronklike(PDF) op 7 Augustus 2012. Besoek op 9 Augustus 2021.
↑Dvorak, Harold F. (1 November 2002). "Vascular Permeability Factor/Vascular Endothelial Growth Factor: A Critical Cytokine in Tumor Angiogenesis and a Potential Target for Diagnosis and Therapy". Journal of Clinical Oncology (in Engels). American Society of Clinical Oncology. 20 (21): 4368–4380. doi:10.1200/JCO.2002.10.088. ISSN1527-7755. PMID12409337.
↑Mauceri, Helena J.; Hanna, Nader N.; Beckett, Michael A.; Gorski, David H.; et al. (16 Julie 1998). "Combined effects of angiostatin and ionizing radiation in antitumour therapy". Nature (in Engels). 394 (6690): 287–291. Bibcode:1998Natur.394..287M. doi:10.1038/28412. PMID9685160. S2CID4391890.
↑Gorski, David H.; Novella, Steven P. (September 2014). "Clinical trials of integrative medicine: testing whether magic works?". Trends in Molecular Medicine (in Engels). 20 (9): 473–6. doi:10.1016/j.molmed.2014.06.007. PMID25150944.
↑Bigliardi, Stefano (2019). "The Advocates of Pseudoscience Are Not Monsters - but Pseudoscience Is". Skeptical Inquirer. Center for Inquiry. 43 (6): 58–59.