De Havilland Canada DHC-5 Buffalo | |
---|---|
Tipe | Veeldoelige vliegtuig |
Vervaardiger | de Havilland Canada |
Nooiensvlug | 9 April 1964 |
Bekendstelling | 1965 |
Status | Aktief |
Hoofgebruiker | Koninklike Kanadese Lugmag |
Vervaardig | 1965–1972, 1974–1986 |
Aantal gebou | 122 |
Ontwikkel van | De Havilland Canada DHC-4 Caribou |
Die de Havilland Canada DHC-5 Buffalo is 'n veeldoelige vliegtuig met kort opstyg en land (STOL) vermoë wat aangedryf word deur turboskroefmotore. Hierdie vliegtuig is ontwikkel van die DHC-4 Caribou. Die Buffalo het 'n buitengewone STOL vermoë en kan in korter afstande opstyg as die meeste ligte vliegtuie.