De Havilland Sea Vixen | |
---|---|
Tipe | Vegter/bomwerper |
Vervaardiger | De Havilland |
Nooiensvlug | 26 September 1951 |
Bekendstelling | Julie 1959 |
Onttrek | 1972 |
Hoofgebruiker | Britse Vloot |
Aantal gebou | 145 |
Programkoste | - |
Die De Havilland Sea Vixen is 'n tweesitplek vegvliegtuig van die Britse Vloot. Toe die vliegtuig in diens gestel was dit op gelyke voet met enige landgebaseerde vegvliegtuig van sy tyd. Dit was die Britse Vloot se eerste swiepvlerk, tweesitplek, alle-weer vegvliegtuig en was verder ontwikkel van de Havilland se D.H.110 ontwerp vir beide die Britse Lugmag en vloot. Dit het ook die tweestert ontwerp gevolg soos die De Havilland Vampire en De Havilland Venom maar was 'n nuwe, meer moderne vliegtuig. Ontwikkeling was egter vertraag weens die tragiese ongeluk van 'n prototipe tydens die Farnborough lugskou in 1952 en is eers in 1958 in diens gestel deur die Britse Vloot. Hierna was dit vir 'n dekade lank die belangrikste vegvliegtuig van die vloot. Dit was ook die eerste Britse onderskeppingsvliegtuig wat slegs toegerus is met lug tot lug missiele, dit was nie toegerus met masjiengewere nie.
Model FAW Mk.1 is toegerus met 'n radarkoepel in die neus en vlerke wat kon opvou. Die kajuit was egter aan die bakboord kant om te verseker dat die radaroperateur oor genoeg spasie beskik om sy take te verrig aan die stuurboord kant. Die FAW Mk.2 was 'n verbeterde model en kon ander andere meer brandstof dra; die tweestertrompe was verleng net voor die vlerke. Model Mk.2 kan vier Red Top lug-tot-lug missiele dra in stede van die Firestreaks missiele wat die Mk.1 kan dra.
Die Sea Vixen was 'n formidabele alle-weerstoestand onderskepping vegvliegtuig vir die Britse Vloot totdat dit uit diens gehaal was in 1972.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Rolls-Royce Avon 208 turbostraal |
Kraglewering per motor | 5 049 kg stukrag |
Vlerkspan | 15,54 m |
Lengte | 16,94 m |
Hoogte | 3,28 m |
Vlerkoppervlakte | 60,2 m2 |
Maks. opstygmassa | 16 793 kg |
Maks. snelheid | 1 110 km/h |
Operasionele hoogte | 14 640m |
Togafstand | 1 287km |
Klimvermoë | 12 200 m in 8.5 minute |
Bewapening | Vier Red Top-missiele twee hegpunte in neus vir 28x51mm vuurpyle |