In sterrekunde is deklinasie (simbool δ) een van die twee rigtingkoördinate van 'n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is regte klimming.
Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie soos geprojekteer op die hemelbol.[1] Punte noord van die hemelewenaar het 'n positiewe deklinasie, terwyl dié suid van die hemelewenaar 'n negatiewe deklinasie het. Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal grade (°), minute of boogminute (') en sekondes of boogsekondes ("), met 90° gelyk aan 'n kwartsirkel. Deklinasies van hoër as 90° word nie aangetref nie, omdat die hemelpole die mees noordelike en suidelike punte op die hemelbol is.
'n Voorwerp by die
Die tekens + of – dui gewoonlik aan of die waarde positief of negatief is.
Die Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar. Hierdie effek, bekend as presessie, veroorsaak dat die koördinate van stilstaande hemelliggame voortdurend verander, al is dit baie stadig. Daarom hou lugkoördinate (insluitende deklinasie) verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koördinate aan met verwysing na 'n spesifieke jaar, bekend as 'n epog. Koördinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met 'n standaard-epog.[2]
Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 Aardtyd, 'n sterrekundige standaardtyd wat deur die IAU vasgestel is. Die "J" dui aan dat dit 'n Juliaanse epog is. Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875.0, B1900.0 en B1950.0 gebruik. [3]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)