Denzel Washington
|
|
Washington in 2000.
|
|
Geboortenaam
|
Denzel Hayes Washington jr.
|
Geboorte
|
28 Desember 1954 (1954-12-28) (69 jaar oud) Mount Vernon, New York Staat, Verenigde State
|
Nasionaliteit
|
Amerikaans
|
Lewensmaat
|
Pauletta Pearson
|
Kinders
|
4
|
Beroep(e)
|
Akteur
|
Aktiewe jare
|
1975–nou
|
Toekennings
|
Oscar
|
Internet-rolprentdatabasis-profiel
|
Denzel Hayes Washington jr. (gebore op 28 Desember 1954)[1] is ’n Amerikaanse akteur en rolprentmaker. Hy is bekend vir sy vertonings op die skerm en verhoog en is al beskryf as 'n akteur wat "die konsep van die klassieke rolprentster" herkonfigureer het. Hy is ook bekend vir sy gereelde samewerking met regisseurs Spike Lee, Antoine Fuqua en Tony Scott. Deur sy loopbaan wat oor vier dekades strek, het Washington talle toekennings ontvang. Hy het drie Golden Globes gewen, ’n Tony[2] en twee Oscars: vir beste manlike byspeler in die historiese oorlogsdrama Glory (1989) en vir beste akteur in die misdaadriller Training Day (2001).[3]
Washington het sedert die 1990's groot lof ontvang vir sy toneelspel, onder meer in rolle soos die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis Steve Biko in Cry Freedom (1987), die menseregteaktivis Malcolm X in Malcolm X (1992), die bokser Rubin "Hurricane" Carter in The Hurricane (1999), die digter Melvin B. Tolson in The Great Debaters (2007) en die dwelmhandelaar Frank Lucas in American Gangster (2007). In 2016 was hy op die 73ste Golden Globe-toekenningsaand die ontvanger van die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.
Washington het al sowat 60 rolprentpryse gewen en is talle ander kere benoem. Van sy belangrikste pryse en benoemings is:
Jaar
|
Werk
|
Kategorie
|
Uitslag
|
1988
|
Cry Freedom
|
Beste byspeler
|
Benoem
|
1990
|
Glory
|
Gewen
|
1993
|
Malcolm X
|
Beste akteur
|
Benoem
|
2000
|
The Hurricane
|
Benoem
|
2002
|
Training Day
|
Gewen
|
2013
|
Flight
|
Benoem
|
2017
|
Fences
|
Benoem
|
Beste rolprent (as vervaardiger)
|
Benoem
|
Jaar
|
Werk
|
Kategorie
|
Uitslag
|
1988
|
Cry Freedom
|
Beste akteur in ’n dramaprent
|
Benoem
|
1990
|
Glory
|
Beste byspeler in ’n rolprent
|
Gewen
|
1993
|
Malcolm X
|
Beste akteur in ’n dramaprent
|
Benoem
|
1999
|
The Hurricane
|
Gewen
|
2001
|
Training Day
|
Benoem
|
2007
|
American Gangster
|
Benoem
|
2013
|
Flight
|
Benoem
|
2016
|
N.v.t.
|
Cecil B. DeMille-prys
|
Gewen
|
2017
|
Fences
|
Beste akteur in ’n dramaprent
|
Benoem
|
2018
|
Roman J. Israel, Esq.
|
Benoem
|
Jaar
|
Werk
|
Kategorie
|
Uitslag
|
1996
|
John Henry
|
Beste praatalbum vir kinders
|
Benoem
|
Jaar
|
Werk
|
Kategorie
|
Uitslag
|
1995
|
Hank Aaron: Chasing the Dream
|
Uitmuntende inligtingsreeks of -program (as vervaardiger)
|
Benoem
|
2001
|
Half Past Autumn: The Life And Works Of Gordon Parks
|
Uitmuntende dokumentêr of niefiksieprogram (as vervaardiger)
|
Benoem
|
Jaar
|
Werk
|
Kategorie
|
Uitslag
|
2000
|
The Hurricane
|
Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol
|
Benoem
|
2002
|
Training Day
|
Benoem
|
2008
|
American Gangster
|
Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent
|
Benoem
|
2012
|
Flight
|
Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol
|
Benoem
|
2016
|
Fences
|
Gewen
|
Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent
|
Benoem
|
2017
|
Roman J. Israel, Esq.
|
Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol
|
Benoem
|