Die term derde orde dui gewoonlik op lede van godsdiensordes wat leke is en nie noodwendig in 'n klooster woon nie, maar tog aanspraak daarop maak om die kleed van die een of ander orde te dra en aan hulle goeie werk deel te neem.[1] Derde ordes word in die Rooms-Katolieke Kerk, Lutheranisme en Anglikanisme erken. Hulle is 'n 12de-eeuse aanpassing van Middeleeuse monastiese broederskappe. Lede van derde ordes word genoem tersiêre (Latyn: tertiarii, van tertius, derde).[2]
Godsdiensordes wat in die 12de-13de eeu ontstaan het, is dikwels "eerste ordes" (monnike) genoem, omdat hulle gewoonlik eerste ontstaan het. Die "tweede ordes" was nonne, wat tweede ontstaan het, en die leke was die "derde ordes". Sint Franciskus van Assisi het byvoorbeeld vermoedelik die Franciskane, Klariste en Derde Orde van Sint Franciskus gestig.
In sommige geval het lede van derde ordes verkies om 'n monastiese lewe te lei, en hulle het gewone tersiêre geword as lede van 'n godsdiensinstelling of gemeente. In ander gevalle was hulle sekulêre tersiëre, wat buite die godsdiensinstellings gewoon het.