Didiereaceae | |
---|---|
Alluaudia montagnacii. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Didiereaceae Radlk. ex Drake |
Didiereaceae is ’n familie blomplante wat op die vasteland van Afrika en in Madagaskar voorkom.
Dit bevat 20 spesies wat in drie subfamilies en ses genera verdeel word. Spesies van die familie is vetplante wat in droë tot halfdroë streke aangetref word. Verskeie is bekend as sierplante in die versamelings van spesialiste. Die subfamilie Didiereoideae is endemies in die suidweste van Madagaskar, waar die plante gewoonlik in die Malgassiese doringbosse voorkom.
Daar is lank geglo die hele familie is endemies op Madagaskar totdat die genera Calyptrotheca, Ceraria en Portulacaria van die vasteland van Afrika ingesluit is.[1] Die familie is naby verwant aan die familie Cactaceae (kaktusse).[2]
Die drie subfamilies is:[2]
Didiereaceae |
| ||||||||||||||||||||||||||||||
Die subfamilie bevat net een genus, Calyptrotheca, met twee spesies wat in tropiese Oos-Afrika voorkom.[2]
Die subfamilie is endemies op Madagaskar, waar dit in die doringbosse van die droë suidweste voorkom. Die plante is doringagtige vetplantstruike en -bome van 2-20 m hoog, met dik, waterstorende stamme en blare wat in die lang, droë seisoen bladwisselend is. Die blare is klein en kom alleen of in pare voor. Die blomme is meerslagtig (behalwe by Decaria) en radiaal simmetries.
Daar is vier genera met 11 spesies:
Alluaudia Drake 1903
Alluaudiopsis Choux 1934
Decarya Choux 1929
Didierea Baillon 1880
Bevat een genus, Portulacaria, met sewe spesies wat in Suider-Afrika versprei is.