Die hottentotsgot (TV-reeks)

Die hottentotsgot (La Mante) is 'n Franse rillerreeks, wat op 30 Desember 2017 vir die eerste keer op Netflix uitgesaai is, nadat dit in September 2017 op TF1 uitgesaai is. Dit is op 13 Oktober 2017 op Netflix Frankryk vrygestel.[1][2][3]

Premisse

[wysig | wysig bron]

In Parys is die polisie op soek na 'n psigopaat wie se moorde deur me Jeanne Deber, bekend as "Die hottentotsgot", geïnspireer is. Sy is 'n berugde reeksmoordenares wat die land 25 jaar tevore geterroriseer het. Jeanne Deber bied haar kundigheid aan die polisie om hulle te help om die na-aper vas te trek. Geplaas in eensame opsluiting sedert haar arrestasie, stel die "hottentotsgot" een voorwaarde: om net deur die speurder Damien Carrot, haar vervreemde seun, te werk. Damien het geen keuse nie, want 'n reeksmoordenaar is op vrye voet en kan te enige tyd, en te enige plek in Parys toeslaan.

Akteurs

[wysig | wysig bron]
  • Carole Bouquet as Jeanne Deber / Die Hottentotsgot[4]
  • Fred Testot as Damien Carrot
  • Jaques Weber as Charles Carrot
  • Pascal Demolon as Dominique Feracci
  • Manon Azem as Lucie Carrot[5]
  • Serge Riaboukine as Crozet
  • Robinson Stevenin as Alex Crozet
  • Fredérique Bel as Virginie Delorme
  • Elodie Navarre as Szofia Kovacs
  • Adama Niane as Stern
  • Yannick Samot as Bertrand
  • Steve Tran as Achille
  • Julien Tortora as Gallieni

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "La Mante - TF1". tf1 (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2017.
  2. AlloCine (in fr), La Mante, http://www.allocine.fr/series/ficheserie_gen_cserie=20975.html, besoek op 2017-03-13 
  3. The Mantis (TV Mini-Series 2017), http://www.imdb.com/title/tt6467482/?ref_=nv_sr_1, besoek op 2017-03-20 
  4. "Tournage : Carole Bouquet, tueuse en série pour TF1". leparisien.fr (in Frans). 13 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2017.
  5. "La Mante : Manon Azem au casting d'une nouvelle mini-série de TF1 !". tf1 (in Frans). 23 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2017.