Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Dieffenbachia is ’n meerjarige, kruidagtige plant met ’n reguit stam en eenvoudige blare met wit of geel kolle en vlekke, na gelang van die kultivar. Dit word algemeen as ’n sierplant gekweek, veral as ’n huisplant, omdat dit in skadu kan groei.[1][2][3]
Met ’n minimum temperatuur van 5 °C moet die dieffenbachia in gematigde streke binnenshuis gehou word. Hulle het lig nodig, maar gefiltreerde sonlig deur ’n venster is gewoonlik voldoende. Hulle het ook redelike klam grond nodig, en ’n matige kunsmis.
Blare sal soms oprol en afval om plek vir nuwe blare te maak. Die stam kan dan lank en kaal raak, maar dit kan afgesny word om weer uit te loop.
As die boonste blare te klein is, kry die plant waarskynlik te min lig. Geel blare dui gewoonlik op ’n gebrek aan voedingstowwe. Rooimyte en wolluise kan ook voorkom.[4]
Die selle van die plante bevat kalsiumoksalaatkristalle. As dit ingesluk word, kan dit die slymvlies irriteer en die sap kan ’n pynlike veluitslag veroorsaak.[5]
↑Govaerts, R. & Frodin, D.G. (2002). World Checklist and Bibliography of Araceae (and Acoraceae): 1-560. The Board of Trustees of the Royal Botanic Gardens, Kew.
↑Croat, T. B. 2004. Revision of Dieffenbachia (Araceae) of Mexico, Central America, and the West Indies. Annals of the Missouri Botanical Garden 91(4): 668–772
↑Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0