Dierewelsyn is die welstand van diere in die algemeen. Die standaarde van "goeie" dierewelsyn wissel aansienlik in verskillende kontekste. Hierdie standaarde is onder konstante hersiening en word gedebatteer, geskep en hersien deur dierewelsynsgroepe, wetgewers en akademici wêreldwyd.[1][2] Dierewelsynswetenskap gebruik verskeie maatreëls, soos hoë ouderdom, siekte, immuunonderdrukking, gedrag, fisiologie, en voortplanting,[3] maar daar is 'n debat oor watter van hierdie aanwysers die beste inligting verskaf .
Kommer oor die welsyn van diere is dikwels gebaseer op die oortuiging dat nie-menslike diere ook gevoel het en dat oorweging gegee moet word aan hulle welstand en/of lyding, veral wanneer hulle in die sorg is van die mens.[4] Hierdie probleme sluit in hoe diere geslag word vir kos, hoe hulle gebruik word in wetenskaplike navorsing, hoe hulle aangehou word (as troeteldiere, in dieretuine, plase, sirkusse, ens.), en hoe menslike aktiwiteite die welsyn en oorlewing van wilde spesies beïnvloed.
Dierewelsyn was 'n bron van kommer vir sommige antieke beskawings, maar het in die 19de-eeu in Groot-Brittanje begin om 'n groter plek in Westerse openbare beleid in te neem. In die 21ste eeu is dit 'n belangrike fokus van die wetenskap, etiek, en dierewelsynsorganisasies.
Daar is twee vorme van kritiek oor die konsep van dierewelsyn, komende van lynreg teenoorgestelde posisies. Een uitkyk, wat eeue terug dateer, beweer dat diere nie bewus is nie en dus nie in staat is om swak (of goeie) welsyn te ervaar nie. Hierdie, eens dominante, argument is in stryd met die oorheersende siening van moderne neurowetenskaplikes, wat nou oor die algemeen beweer dat diere bewus is, ondanks filosofiese probleme met die definisie van bewussyn, selfs in die mens.[5][6] Sommige hou steeds daarby dat bewussyn 'n filosofiese vraag is wat miskien nooit wetenskaplik opgelos sal word nie.[7]
Die ander siening is gebaseer op die posisie oor diereregte, nl. dat diere nie beskou moet word as eiendom nie en dat enige gebruik van diere deur die mens onaanvaarbaar is. Gevolglik redeneer sommige diereregtevoorstanders dat die persepsie van beter welsyn vir diere voortgesette en verhoogde uitbuiting van diere fasiliteer.[8][9] Sommige owerhede behandel daarom dierewelsyn en diereregte as twee teenoorgestelde posisies.[10][11][12] Ander sien die verhoogde kommer oor die welsyn van diere as toenemende stappe in die rigting van diereregte. Die mees algemene posisie in die Westerse wêreld is 'n praktiese middeweg; die posisie dat dit moreel aanvaarbaar is vir mense om nie-menslike diere te gebruik, op voorwaarde dat die nadelige uitwerking op die welsyn van die diere tot die minimum beperk word.
Daar is baie verskillende benaderings tot die beskrywing en definisie van dierewelsyn.
Die verskaffing van goeie welsyn vir diere word soms gedefinieer deur 'n lys van positiewe omstandighede wat voorsien moet word vir die dier. Hierdie benadering is geneem deur die Vyf Vryhede en die drie beginsels van professor John Webster.
Die Vyf Vryhede is:
John Webster definieer die welsyn van diere deur drie positiewe toestande te bepleit: Om 'n natuurlike bestaan te voer, om fiks en gesond te wees, en om gelukkig te wees.[13]
In die verlede is die welsyn van plaasdiere hoofsaaklik gesien in terme van die vraag of die dier goed produseer.[2] Die argument was dat 'n dier in swak omstandighede nie goed sou produseer nie. Die feit is egter dat baie plaasdiere hoogs produktief bly ten spyte van omstandighede waar goeie welsyn definitief in die gedrang kom, bv. henne in batteryhokke.
Ander in die veld, soos professor Ian Duncan[14] en professor Marian Dawkins[15] fokus meer op die gevoelens van die dier. Hierdie benadering dui op die geloof dat diere beskou moet word as lewende wesens. Duncan skryf dat die welsyn van diere te doen het met die gevoelens wat deur hulle ervaar word: die afwesigheid van sterk negatiewe gevoelens, gewoonlik genoem lyding, en (waarskynlik) die teenwoordigheid van positiewe gevoelens, gewoonlik genoem plesier. In enige assessering van die welsyn van die dier, is dit hierdie gevoelens wat geassesseer behoort te word.[16] Dawkins het geskryf dat daar nie hare gekloof moet word nie; die welsyn van diere behels hulle subjektiewe gevoelens.[17]
Yew-Kwang Ng definieer dierewelsyn in terme van ekonomiese welsyn. Hy sê dat welsynsbiologie die studie is van lewende dinge en hul omgewing met betrekking tot hul welsyn (gedefinieer as geluk of genot minus lyding). Ten spyte van probleme met die vasstelling en meet van welsyn en die relevansie tot normatiewe kwessies, is die welsyn van die biologie 'n positiewe wetenskap.[18]
In die Saunders Comprehensive Veterinary Dictionary word die welsyn van diere gedefinieer as die vermyding van mishandeling en uitbuiting van diere deur die mens deur volgehoue toepaslike standaarde vir akkommodasie, voeding en algemene versorging; die voorkoming en behandeling van siektes en die versekering van vryheid van teistering en onnodige ongemak en pyn.[19]
Die American Veterinary Medical Association (AVMA) definieer dierewelsyn as: 'n Dier se welstand is goed (indien gestaaf deur wetenskaplike bewyse) as dit gesond is, gemaklik, goed gevoed en veilig; dit natuurlike gedrag kan openbaar en nie swaarkry in swak toestande van pyn, vrees en spanning nie. [20] Hulle hou agt beginsels voor vir die ontwikkeling en evaluering van beleidsaspekte vir dierewelsyn:
Die Terrestrial Animal Health Code van die World Organisation for Animal Health definieer dierewelstand as "die manier wat 'n dier die omstandighede hanteer waarin dit leef.” 'n Dier is in 'n goeie staat van welsyn as (soos aangedui deur die wetenskaplike bewyse) dit gesond is, gemaklik, goed gevoed, veilig, in staat is om ingebore gedrag uit te druk, en as dit nie ly in onaanvaarbare toestande soos pyn, vrees en nood nie. Goeie welsyn van diere vereis siektevoorkoming en veeartsenykundige behandeling, toepaslike skuiling, bestuur, voeding, en die menslike hantering by doodmaak en slag. Die welsyn van diere verwys na die toestand van die dier; die behandeling wat 'n dier ontvang word gedek deur ander terme soos dieresorg, veeteelt en menslike behandeling.[21]
Professor Donald Broom definieer die welsyn van 'n dier as "die gesteldheid van die dier met betrekking tot sy pogings om om te gaan met sy omgewing.” Hierdie toestand sluit in wat en hoeveel hy moet doen om dit te hanteer en tot watter mate hy daarin slaag of nie slaag nie, asook die gepaardgaande gevoelens. Hy beweer dat die welsyn sal wissel oor 'n kontinuum van baie goed tot baie swak en studies van die welsyn sal die effektiefste wees as 'n wye verskeidenheid van maatreëls gebruik word.[22] John Webster het hierdie omskrywing gekritiseer vir "geen poging om te sê wat is goeie of wat is slegte welsyn nie.[23]