Dis ek, Anna is 'n 2015 Afrikaanse dramafilm vervaardig deur Palama Productions, wat gebaseer is op Anchien Troskie se twee romans Dis ek, Anna en Die Staat teen Anna Bruwer. Dit speel af in die hedendaagse Suid-Afrika, en vertel die verhaal van Anna Bruwer, wat jare se mishandeling deur haar stiefpa wreek, en die hofsaak wat volg.
Die film se draaiboek is geskryf deur Tertius Kapp. Vervaardig deur Niel van Deventer. Geredigeer deur Sara Blecher.
By die 10de jaarlikse SAFTA in Maart 2016, is Dis ek, Anna die hoogste eerbewys in die volgende kategorieë bekroon:[1]
Die film se rolverdeling sluit in, onder andere: Charlene Brouwer, Marius Weyers, Nicola Hanekom, Morne Visser, Drikus Volschenk, Elize Cawood en Eduan van Jaarsveld.