Die frase "die dissipel vir wie Jesus baie lief was" (Grieks: ὁ μαθητὴς ὃν ἠγάπα ὁ Ἰησοῦς, ho mathētēs hon ēgapā ho Iēsous) of, in Johannes 20:2, "die ander dissipel vir wie Jesus baie lief was", word ses keer in die Evangelie van Johannes gebruik,[1] maar in geen ander boek van die Nuwe Testament nie. Volgens Johannes 21:24[2] is die Evangelie van Johannes geskoei op die geskrewe getuienis van dié dissipel.
Sedert die einde van die 1ste eeu word die geliefde dissipel algemeen geïdentifiseer as Johannes self.[3] Geleerdes debatteer egter al sedert minstens die 3de eeu, maar veral sedert die Verligting, oor wie die skrywer van die Johannes-boeke was (die Evangelie van Johannes, die Briewe van Johannes en Openbaring). Baie moderne geleerdes verwerp die idee dat die boeke deur Johannes geskryf is,[4][5] maar nie almal nie.[6]
Daar is konsensus onder geleerdes dat die geliefde dissipel 'n regte persoon was,[7] maar daar is geen konsensus oor wie dit was nie.[8]
Daar word in die Evangelie van Johannes ses keer verwys na "die dissipel vir wie Jesus baie lief was":
Die ander Evangelies noem niemand wat moontlik met die geliefde dissipel vergelyk kan word nie. In Lukas 24:12[16] hardloop Petrus na die graf. Matteus, Markus en Lukas noem nie dat enige dissipel die kruisiging aanskou het nie.
Die slotwoorde van die Evangelie van Johannes stel dit duidelik dat dié boek geskoei is op die geskrewe getuienis van die geliefde dissipel.
Eusebius, wat in die 4de eeu geskryf het, noem in sy Kerkgeskiedenis 'n brief wat hy glo in die 2de eeu deur Polukrates van Efese (omstreeks 130's-196 n.C.) geskryf is. Polukrates het geglo Johannes is die dissipel wat "op die bors van Jesus lê", wat daarop sinspeel dat hy die geliefde dissipel was:
Augustinus van Hippo (354-430) het ook geglo Johannes was die geliefde dissipel. In sy Verhandelings oor die Evangelie van Johannes skryf hy:[18] "Die evangelis sê: 'Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.' Hy praat van homself. Hy verwys gewoonlik na homself as "die dissipel vir wie Jesus baie lief was"; Hy het hulle sekerlik almal liefgehad, maar hom meer as die ander, en met 'n groter familiariteit, sodat Hy hom selfs aan die etenstafel teen sy bors laat leun het."
Die aanname dat die geliefde dissipel een van die apostels was, is geskoei op die waarneming dat hy blykbaar teenwoordig was by die Laaste Avondmaal. Volgens Matteus en Markus het Jesus saam met die 12 apostels geëet.[19] Die algemeenste identifikasie is dus met Johannes die Apostel, wat dieselfde is as Johannes die Evangelis.[20] Merril F. Unger kom tot dié slotsom aan die hand van 'n uitskakelingsproses.[21]
Hoewel sommige moderne akademici Augustinus en Polukrates se siening deel,[22][23] glo baie nie dat Johannes die Apostel die Evangelie volgens Johannes geskryf het nie, en dalk ook nie enige van die boeke van die Nuwe Testament wat tradisioneel aan hom toegeskryf word nie, en dit maak dié verband tussen 'n "Johannes" en 'n geliefde dissipel moeilik om te volhou.[4]
Die geliefde dissipel is ook al verbind met Lasarus van Betanië, geskoei op Johannes 11:5: "Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad," en Johannes 11:3: "Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: 'Here, hy vir wie U lief is, is siek.'”[24]
Nog 'n relevante feit volgens Ben Witherington III is dat die geliefde dissipel nie genoem word voordat Lasarus uit die dood opgewek is nie (Lasarus word in Johannes 11 uit die dood opgewek, terwyl die geliefde dissipel in Johannes 13 die eerste keer genoem word).[25]
Ramon K. Jusino (1998) stel voor die geliefde dissipel was oorsronklik Maria Magdalena.[26] Maar soos Matkin en ander opmerk, verskyn Maria en die geliefde dissipel saam in die tonele in Johannes 20.[27]
Om dié bewering te maak en met die Skrif te laat ooreenstem, word die teorie voorgestel dat Maria se teenwoordigheid saam met dié van die geliefde dissipel in Johannes 19:25-27 en Johannes 20:1-11 die gevolg is van haastige veranderings om in die laat 2de eeu magtiging aan die Evangelie te gee (veral Johannes 19:25-27, want die geliefde dissipel se teenwoordigheid aan die voet van die kruis word eers genoem nadat Maria Magdalena as een van die teenwoordige lys vroue genoem word en nie daarvoor nie; daar word ook nie genoem dat hy Jesus se moeder vergesel het tot nadat die lys vroue genoem word nie. Sy teenwoordigheid word eers genoem wanneer Jesus hom vra om na sy moeder om te sien). Albei tonele het na bewering interne teenstrydighede asook teenstrydighede wanneer dit met die ander evangelies vergelyk word.[28] Dié ruwe redigering kon dus aangebring gewees het om Maria Magdalena en die geliefde dissipel soos twee mense te laat lyk.
In die Evangelie volgens Maria, deel van die Nuwe Testamentiese apokriewe – veral die Nag Hammadi-geskrifte – word 'n sekere Maria algemeen identifiseer as iemand vir wie Jesus liewer was as vir enigiemand anders.[29] In die Evangelie volgens Philippus, nog 'n gnostiese Nag Hammadi-teks, word dieselfde oor Maria Magdalena gesê.[30]
Brian J. Capper meen die geliefde dissipel was 'n priester van 'n kwasimonastiese, mistiese en asketiese Joodse aristokrasie aan Jerusalem se prestigeryke suidwestelike heuwel wat Jesus se laaste avondmaal daar aangebied het.[31] Hy haal die geleerde D.E.H. Whiteley aan wat aflei die geliefde dissipel was die gasheer van die ete.[32]
Capper stel voor die taal van die "liefde" kan algemeen verbind word met Joodse groepe, wat die sosiale eienskappe uitlig wat voorgekom het in asketiee gemeenskappe.[33] Die Britse geleerde Richard Bauckham[34] kom tot dieselfde gevolgtrekking: dat die geliefde dissipel, wat volgens Johannes die evangelie geskryf het, waarskynlik 'n letterkundig gesofistikeerde lid van die verbasend uitgebreide hoëpriesterlike familieclan was.
Gerd Theissen en Annette Merz meen die getuienis kon gekom het van 'n minder bekende dissipel, dalk van Jerusalem.[35]
James D. Tabor[36] meen die geliefde dissipel was Jakobus, broer van Jesus (of sy neef, na gelang van hoe die woord vertaal word). Een van verskeie bewyse wat Tabor gee, is 'n letterkundige vertolking van Johannes 19:26: "Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Op 'n ander plek in die evangelie roep die geliefde dissipel egter uit toe hy die herrese Jesus sien: "Dit is die Here!" eerder as "Dit is my broer!"[37]
Tabor noem ook 'n paragraaf in die apokriewe boek Tweede Openbaring van Jakobus waarvolgens Jesus na Jakobus verwys as "my geliefde" (twee keer), en dus is dit waarskynlik dat hy die geliefde dissipel was.[38] Die paragraaf lui:
En Jesus het my mond gesoen. Hy het my vasgedruk en gesê: 'My geliefde! Kyk, ek sal aan jou daardie dinge openbaar wat nie die hemele of die engele geweet het nie. Kyk, ek sal alles aan jou openbaar, my geliefde. Kyk, ek sal aan jou onthul wat verborge is. Maar strek nou uit jou hand. Druk my nou vas.'
Voorstelle oor die rede vir die geheimsinnigheid oor die kerakter is talryk. Een algemene voorstel is dat die skrywer sy naam nie genoem het nie bloot vanweë nederigheid. Nog 'n rede is dat geheimhouding 'n politieke en veiligheidsdoel gedien het, wat nodig was weens die bedreiging van vervolging of verleentheid in die tyd van die evangelie se publikasie. Die skrywer kon 'n baie hoë persoon in Jerusalem gewees het wat sy verbintenis met die Christelike geloof weggesteek het,[34] of die anonimiteit kon nodig gewees het vir iemand wat die afgesonderde lewe van 'n askeet gelei het. Een of baie ongenoemde dissipels in die evangelie was dalk óf die geliefde dissipel self óf ander onder sy leiding, wat uit die nederigheid van hulle asketiese belofte hulle identiteit weerhou of hulle getuienis onder die naam van hulle spirituele meester gelewer het.[39]
Martin L. Smith, lid van die Vereniging van Sint Johannes die Evangelis, skryf die skrywer van Johannes kon die identiteit van die geliefde dissipel met opset geheim gehou het sodat lesers van die evangelie beter kon identifiseer met die dissipel se verhouding met Jesus:
Dalk word die dissipel se naam nooit genoem nie, en word hy nooit geïndividualiseer nie, sodat ons makliker kan aanvaar dat hy getuienis dra van die intimiteit wat vir elkeen van ons bedoel is. Die nabyheid wat hy geniet het, is 'n teken van die nabyheid wat myne en joune is omdat ons in Christus en Christus in ons is.[40]
Although ancient traditions attributed to the Apostle John the Fourth Gospel, the Book of Revelation, and the three Epistles of John, modern scholars believe that he wrote none of them.
other contemporary scholars have vigorously defended the traditional view of apostolic authorship.
but there is no consensus as to the Beloved Disciple's actual identity
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)