Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Dmitri Aleksejef | |
---|---|
Geboortenaam | Dmitrij Konstantinovič Alekseev |
Gebore | 10 Augustus 1947 Moskou |
Beroep(e) | Pianis, onderwyser |
Instrumente | Klavier |
Etikette | EMI, Virgin Classics, Hyperion, RCA |
Dmitri Aleksejef (Russies: |Дмитрий Константинович Алексеев, Dmitrij Konstantinovič Alekseev, gebore op 10 Augustus 1947 in Moskou) is 'n Russiese pianis. Hy het aan die Moskouse Konservatorium gestudeer, en bykomend hiertoe ook onder Dmitri Bashkirov. In die 1970's het Aleksejef sy buiging in Londen, Wene, Chicago en New York gemaak. Hy het in 1975 die Leeds Internasionale Pianoforte Kompetisie gewen.[1]
Met ingang 2010 gee hy onderwys aan die Koninklike Kollege van Musiek in Londen.[2] Hy word verteenwoordig deur IMG Artists.[3]Aleksejef se aansienlike repertorium, waarvan 'n groot deel reeds opgeneem is, sluit werke deur Skriabin, Schumann, Brahms, Prokofiëf, Chopin, Rachmaninoff en Sjostakowitsj in. Hy het ook vir Barbara Hendricks op die klavier begelei.