Amala Ratna Zandile Dlamini, verhoognaam Doja Cat (gebore 21 Oktober 1995), is 'n Amerikaanse kletskunstenaar, sanger, liedjieskrywer en platevervaardiger gebaseer in Los Angeles, Kalifornië.
Amala Ratna Zandile Dlamini[1] is gebore op 21 Oktober 1995,[2] in die Tarzana gebied van Los Angeles, Kalifornië.[3] Haar ma, Deborah Sawyer, is 'n Amerikaanse grafiese ontwerper van Joodse afkoms,[4][5] en haar pa, Dumisani Dlamini, is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar van Zoeloe-afkoms,[6] veral bekend vir die rol van "Crocodile" in die oorspronklike Broadway rolverdeling van die musiekblyspel Sarafina! en die 1992 film aanpassing.[7][8]