Gravin Maria Theodora Paulina (Dora) Pejačević (Hongaars: Gróf verőczei Pejácsevich Mária Theodóra Paulina "Dóra", 10 September 1885 – 5 Maart 1923) was 'n Kroatiesekomponis en lid van die Huis van Pejačević. Sy het saam met andere die orkestrale lied bekendgestel aan Kroatiese musiek,[1] en haar Simfonie in F# mineur word deur navorsers beskou as die eerste moderne simfonie in Kroatiese musiek.[2]
Dora Pejačević word beskou as 'n belangrike Kroatiese komponis. Sy het 'n katalogus nagelaat van 58 opusnommers (106 komposisies), wat meestal in die laat Romantiese styl geskryf is, insluitende vokale, klavier- en kamermusiekwerke, en verskeie komposisies vir groot orkeste, laasgenoemde waarskynlik haar beste werke. Haar Simfonie in F# mineur word deur navorsers beskou as die eesrste moderne simfonie in Kroatiese musiek. Die meeste van haar musiek bly egter steeds ongepubliseer en is nog nie opgeneem op cd nie, alhoewel gesamentlike pogings onlangs van stapel gestuur is om hierdie stand van sake te korrigeer. As voorbeeld hiervan het die Kroatiese Musiekinligting Sentrum sommige van haar partiture gepubliseer, insluitende drie van haar orkestrale werke (die Klavierconcerto, Simfonie en Phantasie Concertante). In 2008 het die sentrum ook 'n tweetalige monograaf (in Engels en Kroaties) gepubliseer. Die monograaf is geskryf deur die Pejačević-navorser Koraljka Kos, en word vergesel van die eerste cd wat uitsluitlik bestaan uit die werke van Pejačević (klavier en kamermusiek).
Haar lewe is die onderwerp van die Kroatiese biografiese rolprent Countess Dora (1993), geregisseer deur Zvonimir Berković met Alma Prica en Rade Šerbedžija in die rolverdeling.[3]
Volledige werke vir klavier
Eerste integrale opname van Pejačević se werke vir klavier, deur die pianis Yoko Nishii met die hulp van die PTNA (Piano Teachers' National Association of Japan):
↑Historicisim in Croatia Vladimir Maleković, Vesna Lovrić Plantić, Graham McMaster - 2000 "In hierdie periode het Josip Hatze die eerste moderne kantate in Kroatiese musiek gekomponeer; Dora Pejačević, Bersa en Baranovic het die lied vir stem en orkes bekendgestel."(vryelik vertaal na Afrikaans)
↑Pejačević het in 1916 en 1917 aan haar simfonie gewerk... dit is die eerste moderne werke van sy genre in Kroatiese musiek. Meer van belang is die feit dat Pejačević onthou sal word as 'n belangrike persoonlikheid wat betref die bekendstelliing van klassieke musiek aan Kroasië.
↑"Kontesa Dora". Baza HR kinematografije (in Kroaties). Croatian Film Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2011. Besoek op 3 Januarie 2020.
Kos, Koraljka. Dora Pejacevic. Zagreb: Die Kroatiese Musiekinligtingsentrum, 2008.
Kos, Koraljka. Dora Pejačević: Leben und Werk. Zagreb: Musikinformationszentrum Konzertdirektion, 1987.
Blevins, Pamela. “An Introduction to Croatian Composer Dora Pejačević.” The Maud Powell Society, The Maud Powell Society for Music and Education, www.maudpowell.org/signature/Portals/0/pdfs/New%20Articles/Dora%20Pejacevic%20for%20Signature.pdf.
“Ethel, Dora, & A Gent Named Ludwig.” Piano By Nature, Piano By Nature, 18 Apr. 2021, pianobynature.org/ethel-dora-a-gent-named-ludwig/
“Dora Pejačević.” ZKM | Zentrum Für Kunst Und Medien, ZKM | Zentrum Für Kunst Und Medien, zkm.de/en/dora-pejacevic.