Doringaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. aculeata
|
Binomiale naam | |
Aloe aculeata Pole-Evans, (1915)
|
Die doringaalwyn (Aloe aculeata) is 'n aalwyn wat voorkom in Mpumalanga, Limpopo, Zimbabwe en Botswana.
Die plant kom voor vanaf 500 tot by 1 700 m, word tot 1 m hoog, is droogtebestand maar sensitief vir ryp. Die blom is geel tot oranje-rooi en word tot 400 mm hoog. Die blare word tot 120 mm breed op die basis.
'n Afbeelding van hierdie aalwyn het op die agterkant van die RSA 10-sent muntstuk verskyn van 1965-1989.