MD-Douala Internasionale Lughawe (Frans: Aéroport international MD-Douala) is 'n internasionale lughawe geleë in Douala, die grootste stad in Kameroen en die hoofstad van Kameroen se Kusstreek. Met sy 4 terminale[1] en 'n gemiddeld van 1,5 miljoen passasiers en 50 000 ton vrag per jaar[2] is dit die land se besigste lughawe. Die lughawe word bestuur en deels besit (34%) deur die maatskappy Aeroport du Cameroon (ADC) wat ook al die ander 13 lughawens op Kameroense grondgebied bestuur.[3]
Douala-lughawe het 'n enkele aanloopbaan, 12/30, met 'n lengte van 2 880 m. Tussen 1 en 21 Maart 2016 was die aanloopbaan gesluit vir opgraderingswerk; alle lugrederye het gedurende daardie tydperk bedrywighede na Yaoundé-lughawe verskuif.[4] Dit het deel gevorm van 'n opknappingsplan van 20 miljard CFA (VS$ 36 363 636 miljoen), gefinansier deur die Franse Agentskap vir Ontwikkeling, wat 'n opknapping in twee fases voltooi het: eers die lughawe se aanloopbaan, en dan sy terminale en binneruim.[5]