Doug Burgum | |
Burgum in 2016 | |
33ste goewerneur van Noord-Dakota
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 15 Desember 2016 | |
Vise | Brent Sanford |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jack Dalrymple |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Douglas James Burgum 1 Augustus 1956 Arthur, Noord-Dakota, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Politieke party | Republikein |
Eggenoot/-note | Karen Stoker (1991–2003) Kathryn Helgaas (2016–hede) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Noord-Dakota-staatsuniversiteit (BA) Stanford Universiteit (MBA) |
Douglas James "Doug" Burgum (gebore 1 Augustus 1956) is 'n Amerikaanse entrepreneur, filantroop en politikus. Hy is die 33ste goewerneur van Noord-Dakota en 'n lid van die Republikeinse Party. Burgum het in 1983 by Great Plains Software aangesluit. Hy het vir meer as 32 jaar as die president van die maatskappy gedien vanaf 1984 tot 2016.[1]
Burgum is in 1956 in Arthur, Noord-Dakota gebore.[2] Hy het 'n BA-graad aan die Noord-Dakota-staatsuniversiteit verwerf en 'n MBA-graad aan Stanford Universiteit behaal. Burgum was 'n besigheidsman voordat hy in 2016 aangekondig het dat hy 'n kandidaat vir goewerneur is. Hy het die staat se prokureur-generaal Wayne Stenehjem in die Republikeinse voorverkiesing verslaan. Burgum het die algemene verkiesing in November gewen en is op 15 Desember ingehuldig. Hy het vir Jack Dalrymple opgevolg.[3]
Burgum was vanaf 1991 tot 2003 met Karen Stoker getroud. Hy het drie kinders uit sy huwelik met Karen. Hy het in 2016 met Kathryn Helgaas getrou.[4]