Douglas DC-3

Douglas DC-3
'n DC-3 deur Flygande Veteraner in Swede gevlieg
Tipe Lugdiens- en vragvliegtuig
Vervaardiger Douglas Aircraft Company
Nooiensvlug 17 Desember 1935
Bekendstelling 1936
Status In gebruik by kleiner rederye
Vervaardig 1936–1942, 1950
Aantal gebou 16,079
Eenheidskoste VS$ 79 500 (in 1935)[1]

Die Douglas DC-3 is 'n vastevlerk skroefaangedrewe vliegtuig. Die spoed en lang reikafstand van die DC-3 het 'n rewolusie in lugvervoer in die 1930's en 1940's ontketen. Die blywende impak op die lugvaartbedryf en die Tweede Wêreldoorlog maak dit een van die belangrikste vragvliegtuie wat ooit gebou is.

Die groot militêre weergawe waarvan meer as 10,000 geproduseer is, word die C-47 Skytrain in die VSA en die Dakota in die Verenigde Koninkryk genoem.

Baie DC-3's en omskepte C-47's word nog steeds in alle wêrelddele gebruik. 35 Eskader in die Suid-Afrikaanse Lugmag is tans die enigste eskader wêreldwyd waar die DC-3/C-47 Dakota in 'n millitêre rol ingespan word. Dit dien as vervoer en platform vir elektroniese oorlogvoering en is ontplooi in die Mosambiekkanaal vir maritieme toesig.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Rumerman, Judy. "The Douglas DC-3." Geargiveer 6 Augustus 2004 op Wayback Machine U.S. Centennial of Flight Commission, 2003. Besoek: 12 Maart 2012.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.