Drew Barrymore | |
Barrymore in 2014
| |
Geboortenaam | Drew Blyth Barrymore |
---|---|
Geboorte | 22 Februarie 1975 Culver City, Kalifornië, Verenigde State |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1976 – hede |
Webwerf | drewbarrymore.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Drew Barrymore (22 Februarie 1975-) is ’n Amerikaanse aktrise wat as kind beroemd geraak het in die fliek ET. Sy kom uit ’n bekende akteursfamilie — haar oupa was John Barrymore, wat in die 1920’s en 1930’s bekend was. Haar pa was John Drew Barrymore. Van haar ander flieks sluit in The Wedding Singer, 50 First Dates en die Charlie’s Angels-reeks.[1]
In 2010 wen Barrymore 'n Golden Globe vir haar rol as Little Edie in die TV-film Grey Gardens. Daarnaas palm sy meer as 25 ander pryse in, waaronder 'n Saturn Award vir beste aktrise in 1999 (vir die tragikomedie Ever After), 'n Satellite Award en 'n Screen Actors Guild Award (albei vir Grey Gardens).
In 2004 is 'n ster op Hollywood se Walk of Fame vir haar aangelê. Op 25 April 2007 het People Magazine haar as die mooiste vrou ter wêreld aangewys.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Drew Barrymore. |