'n Drievoudpunt is 'n punt in 'n fasediagram van 'n suiwer stof waar drie fases met mekaar in ewewig is.
Volgens Gibbs se fasereël geld:
As daar net een komponent C is, byvoorbeeld suiwer water (sonder ander stowwe soos lug of opgeloste soute) word dit:
Indien daar net een fase teenwoordig is (P=1), is daar F=2 vryheidsgrade en die versameling punte (p,T) waar dit die geval is, vorm 'n tweedimensionale vlak. As twee fases teenwoordig en met mekaar in ewewig is, is F=3-2=1 en die versameling is 'n eendimensional lyn, soos die lyn wat die ewewigsdampdrukke tussen vloeistof en gas weergee in 'n fasediagram of die smeltpunte tussen vast en vloeibaar as funksie van die druk p.
Indien drie fases, bv. ys, water en waterdamp in ewewig teenwoordig is, is F=3-3=0. Dit verteenwoordig 'n enkel punt wat dimensie nul verteenwoordig. Hierdie punt word die drievoudpunt genoem.
Die bekendste drievoudpunt is water s'n. Hierdie punt is bepaal deur 'n temperatuur van T=273,16 kelvins (0.01 °C) en 'n druk van 611.73 pascals.[1]
Hierdie punt geld vir suiwer water. In seewater skuif die punt na laer temperature en drukke afhanklik van die saliniteit.[2]
Daar kan meer as een drievoudpunt in 'n fasediagram aangetref word. 'n Goeie voorbeeld is die geval van die element swael. Hierdie stof het twee verskillende kristalstrukture. Die laetemperatuurstruktuur is ortorombies. Teen hoër temperature skakel dit om na 'n monokliniese struktuur. Die fasediagram het drie stabiele drievoudpunte en 'n metastabiele een wat die volgende ewewigte behels:[3]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)