Droëvlaktetolbos

Droëvlaktetolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. galpinii
Binomiale naam
Leucadendron galpinii
E.Phillips & Hutch., (1912)

Die droëvlaktetolbos (Leucadendron galpinii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Riversdalvlakte vanaf De Hoop tot by die Gouritzrivier en monding. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 723 km² en het reeds 21% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Indringerplante bly 'n bedreiging en die plant groei in gras wat gebruik word vir grasdakke.

Die struik word 3.0 m hoog en dra blomme in Oktober tot November. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat waar dit na die grond val en moontlik deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plant. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei hoofsaaklik in sandgrond op hoogtes van 0 - 200 m.

In Engels staan dit as die Hairless Conebush bekend.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]